News

AfriForum adviseur Ngwathe-munisipaliteit oor water- en rioolwerke in Parys

AfriForum adviseur Ngwathe-munisipaliteit oor water- en rioolwerke in Parys

 

AfriForum het sedert die sluit van ’n adviesooreenkoms met die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit sowat twee maande gelede, reeds belangrike verslae en advies aan dié munisipaliteit gelewer om gebruik te word om die rioolaanleg funksioneel te kry en die wateraanleg se funksionering te verbeter.

Johan Kruger, AfriForum se hoof van Gemeenskapsontwikkeling, verduidelik dat die verslae omvattende ingrypings voorstel om in die onmiddellike kort termyn die rioolaanleg werkend te kry.

Volgens Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier, het AfriForum reeds verskeie kundiges betrek om advies te lewer oor onder meer die water- en rioolaanlegte en die funksionering daarvan,  pompe wat nie werk nie of nie optimaal funksioneer nie, en die multidimensionele water- en rioolstelselbestuur.

“Hierdie verslae met aanbevelings en kwotasies is Vrydag formeel aan die munisipaliteit oorhandig. Die bal is nou in hulle hande om die advies te gebruik en die nodige verbeterings aan te bring. Indien dit nie gebeur nie, sal ons, volgens die ooreenkoms, ander stappe moet volg. Ons sal voortgaan om alles in die stryd te werp om te help verseker dat die gemeenskap die dienste kry waarop hulle geregtig is,” voeg Pretorius by.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Parys” na 45344 (R1).

 

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button