NewsNews

SA weer op die rooilys vir internasionale reis

Hoe raak dit jou en jou familie?

 

Mnr. Cyril Ramaphosa sal vanaand om 08:00 die nasie toespreek en almal hoop dat hy nie hul Kersvakansie gaan bederf deur strenger inperkings daar te stel nie.  Die nuus dat Suid-Afrikaners as gevolg van die nuwe Omicron (B.1.1.529): SARS-CoV-2 variant weer eens op Brittanje se rooilys geplaas is, het Vrydagoggend reeds vir groot skok en ongeloof gesorg. 

Botswana, Zimbabwe, Namibie, Lesotho en Eswatini (Swaziland) is saam met SA op die lys. Vlugte van SA na Brittanje is opgeskort en ‘n rits ander lande het kort na die nuus bekend geword het, ook hul voorbeeld gevolg. Dit is nie net ‘n groot slag vir die toerismebedryf nie, maar ook vir diegene wat uitgesien het om saam met hul kinders en familielede vir die Kersseisoen vakansie te hou.  Vakansieplanne moet nou inderhaas verander en selfs gekanselleer word en vir baie gaan die Kerstyd sonder hul geliefdes traumaties wees. Word jy hierdeur geraak? 

 

Related Articles

Back to top button