NewsNews

Kerssangdiens in Vredefort: Dit was ‘n belewenis!

Die NG Vredefort-gemeente se jaarlikse Kerssangdiens wat vanoggend, Sondag 28 November gehou is, het sonder twyfel alle verwagtinge  oortref, met ‘n Klassieke Kersfees saam met van ons eie plaaslike musikante wat ‘n ongelooflike uitvoering gelewer het. Die diens is aangebied deur die NG gemeente Vredefort in samewerking met die Stefan Louw Sangskool. Tenoor Stéfan Louw …

Die NG Vredefort-gemeente se jaarlikse Kerssangdiens wat vanoggend, Sondag 28 November gehou is, het sonder twyfel alle verwagtinge  oortref, met ‘n Klassieke Kersfees saam met van ons eie plaaslike musikante wat ‘n ongelooflike uitvoering gelewer het.

Die diens is aangebied deur die NG gemeente Vredefort in samewerking met die Stefan Louw Sangskool.

Tenoor Stéfan Louw van Parys en die bariton, Werner van Coller  van Viljoenskroon, Jana van Wyk op die trompet, begelei deur die besonder talentvolle Erna Rademan, en soprane Letasha Odendaal, Gabby Oelofse, Shanie Ward en Vi’en Lurie, het gesorg vir ‘n  luisterryke Kersbelewenis, wat afgewissel is met gemeentesang en die treffende boodskap van gemeenteleraar, ds. Johan Lötter.

Die program het ingesluit liedere soos Met middernag word feest’lik weer verkondig, Mille cherubini in coro, Somerkersfees en Jerusalem. Stéfan en Werner het ook enkele arias uit Handel se Messias gesing.

 

     

 

   

 

Talle kinderharte is ook bly gemaak met ‘n besondere uitreik uit die gemeenskap om vir die kinders ‘n Kerspresentjie te kon gee. ‘n Oggend wat jou weer die wonder van die ware Kersboodskap opnuut laat besef het.

 

   

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button