NewsNews

Bejaardes só gehelp om sintuie, spiere, die brein en senuweestelsel te versterk en gesond te hou

Bejaardes só gehelp om sintuie, spiere, die brein en senuweestelsel te versterk en gesond te hou

“Ouer word is ‘n feit, maar om afgetakel en oud te wees, is gevolge van keuse. Jy kan in beheer wees van ‘n kwaliteitslewe, selfs in jou senior jare.” Só sê dr. Melodie de Jager.

Dr. De Jager is die stigter van die Mind Moves Instituut wat daarop gerig is om die proses van fisieke aftakeling wat met ouderdom gepaard gaan, met grasie te hanteer en terselfdertyd ‘n kwaliteitslewe te leef. Nadat Marietjie Oehley, ‘n jarelange Parysenaar, haar opleiding in die praktiese deel van Mind Moves geslaag het, bied sy nou weekliks klasse by die AMOT en Sonskyn tehuise vir bejaardes aan.

Dit was vir haar ‘n ideaal om Mind Moves klasse in die gemeenskap te kon aanbied, veral waar daar vereensames en verswaktes woon, gesels Marietjie. Hierdie bewegings help om die sintuie, spiere, brein en senuweestelsel of ‘bedrading tussenin’ te versterk en gesond te hou. Op só ‘n wyse kan die gehalte van ouerwordende mense se lewe verbeter en kan hulle selfstandig en onafhanklik funksioneer, sê sy.

Met ‘bedrading van die senuweestelsel’ is praktiese voorbeelde in die natuur om die konsep beter te verstaan, die voetpaadjies in die veld waar gereeld geloop word. Hierdie paadjies is uitgetrap en kan jy flink en vinnig daar loop, maar as die voetpaadjies nie gebruik word nie, groei gras daaroor en verdwyn die pad mettertyd.

‘Bedrading van die senuweestestelsel’ bewegings word sterk aanbeveel vir mense met Parkinsons se siekte en Alzheimers, asook alle ouerwordende persone wat hierby kan baat en sodoende ‘n beter lewensgehalte handhaaf. Ondervinding met Alzheimer-pasiënte en hul naasbestaandes het geleer dat baie mense met vrese loop – vrese en vrae soos wanneer jy vergeet – of dit die begin van Alzheimer se siekte kan wees.

       

Marietjie verduidelik dat die doel met die Mind Move bewegings is om die brein ‘wakker’ te maak en só die geheue te oefen. Dit sluit in die kort en langtermyngeheue. Mens se sintuie is met die jare geneig om te verswak. Dit is een van Mind Moves se oogmerke om juis die senuweestelsel fiks en soepel te hou om só die ouderdomprosesse te vertraag.

Amanda Homan, ‘n inwoner van Amot vertel dat die bewegings negatiwiteit voorkom, en dit boonop prettig is om op die maat van musiek te oefen. Haar kinders is dankbaar vir die geleentheid en moedig haar aan om daarmee voort te gaan. Nog ’n inwoner, Annatjie Coetzee, vertel hoe die bewegings haar geheue verbeter het.

Sy loop regop en flinker en het nie meer die vrees dat sy gaan val nie. Haar balans het merkbaar verbeter, en selfs haar handgreep het verbeter sodat sy nou weer kan hekel.

Die 92-jarige Marie van der Merwe is nog een van die bejaardes wat gereeld saam oefen en die klasse sommer baie geniet. So ook Ria Niewenhuisen wat dankbaar is vir die geleentheid wat op haar pad gekom het. “Almal wat ouer word kan hierby baat vind en beter lewensgehalte kry,” meen Marietjie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button