NewsNews

Raadslede môre ingehuldig

Raadslede môre ingehuldig

Die Ngwathe munispaliteit sal môre, Dinsdag 23 November sy raadslede inhuldig tydens die inhuldigings raadsvergadering wat om 11:00 by die Master Nakedi Binnenshuise Sportsentrum in Tumahole gehou sal word. Gazette het vroeêr berig dat die ANC na afloop van die munsipale verkiesing op 1 November sy meerderheid in Ngwathe se munisipale raad behou. Die ANC het nou 21 setels, die DA 7, die EFF 5, VF+ 3 en die Ngwathe Residents Association (NgwatheRA) een setel. Die Raad is saamgestel uit die gekose wyks- en proporsionele verteenwoordigers van al vyf die Ngwathe dorpe wat Parys, Vredefort, Koppies, Heilbron en Edenville insluit.

 

Dit beteken die EFF en VF Plus het elk twee nuwe setels bekom, terwyl die DA een raadslid verloor het, en die ANC teruggesak het met ‘n verlies van sewe raadslede. Die DA se nuwe wyksraadslid vir wyk 12 is Marie la Cock, terwyl die DA se proporsionele raadslede Carina Serfontein, Poloko Molaphene, Saal de Jager, Robert Ferendale, Arnold Schoonwinkel en Small Sehume is. Die DA lei dan ook weer die opposisie soos tevore. Die DA se distriksraadverteenwoordiger is Freddie Scholtz. Die Vryheidsfront Plus het geen wyksraadslede nie. Die party se proporsionele raadslede is Phillip van der Merwe, prof. Jan Meyer en Marinda Matthysen-Engelbrecht. Fanie Malherbe sal die party in die Fezile Dabi distriksraad as raadslid verteewoordig.

 
 

NgwatheRA is nuut in die raad. Die vereniging is sowat vier maande gelede gestig nadat enersdenkende inwoners bymekaar gekom het om die organisasie te stig wat geen politieke verbintenis het nie, maar bestaan uit inwoners wat betrokke is in hul gemeenskap. Sedert hul registrasie in Julie vanjaar het onafhanklike kandidate by die organisasie aangesluit en hul in die onderskeie wyke verkiesbaar gestel. Hoewel NgwatheRA nié in een van die wyke gewen het nie, kry hulle ook een proporsionele lid in die Raad. Geen ander onafhanklikes is verkies nie.    

 

 

 

Related Articles

Back to top button