News

Transito-roof: Asseblief wees versigtig as jy oor die Feestyd op die paaie gaan

Transito-roof: Asseblief wees versigtig as jy oor die Feestyd op die paaie gaan

Transito-rowers het vanoggend net na 10:00 op die N1 naby Murreyhill Road in Pretoria toegeslaan. 

Volgens n verslag van Netcare 911 het rowers die transito-voertuig geteiken waarop ‘n skietery op die N1 gevolg het, en die transito-voertuig gerol het. 

Drie wagte is  in die ongeluk beseer.

Wees asseblief ekstra waaksaam as jy nou oor die Feestyd op die paaie gaan. Onthou dat misdaad tradisioneel veral ook oor die Feestyd hoogty vier. 

Moenie waardevolle items soos jou selfoon, skootrekenaar en handsak of beursie sigbaar in jou motor los op ‘n sitplek wanneer jy iewers heen moet ry nie. Onthou dit trek aandag wanneer jy by verkeersligte en stoptekens stilhou. Hou jou motordeure te alle tye gesluit en jou vensters toe. 

Wees versigtig om nie rylopers op te laai nie. 

Maak seker jou familie en naasbestaandes weet waarheen jy sou ry en wanneer hulle jou weer tuis kan verwag. 

Hou noodnommers gestoor op jou selfoon waar jy dit maklik sal kan kry in geval van nood. 

Gaan jou voertuig gereeld na en maak seker jou bande is in ‘n goeie toestand en dat jy genoeg brandstof in jou voertuig het om jou bestemming te kan bereik. Maak ook seker jy laai jou selfoon se battery. Jy weet nooit waneer jy dit dalk mag nodig kry vir ‘n noodoproep nie. 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button