News

“Ons gaan só na julle verlang”: Ouers saam gegroet

"Ons gaan só na julle verlang": Ouers saam gegroet

“Ons gaan na julle verlang. Dankie vir al jul ondersteuning, hulp en liefde in oorvloed…tot die einde. Julle het die wedloop voltooi en ons sal moedig voort hardloop. Dankie vir die tasse vol ‘memories’. Lief julle…vir altyd.”

Woorde wat vertel van die onbeskryflike hartseer ná die skiellike dood van Sakkie en Dalene Schlebusch, wat Saterdagoggend net voor 05:00 saam in ‘n motorongeluk gesterf het onderweg na die OR Tambo-lughawe waar hulle hul seun, Zack, die oggend op die lughawe sou gaan haal het.

Sondag 14 November sal hierdie twee mense wat so bitter lief was vir mekaar en vir 43 jaar die pad saam gestap het, ook saam gegroet word tydens die gesamentlike troosdiens van die ouerpaar wat by die AfriDome in Parys gehou word. Hul tuisdorp vir die afgelope 40 jaar.  

Sakkie en Dalene Schlebusch. Foto: Verskaf

Die diens sal gelei word deur ds. Ian Jonker. Die diens is weens Covid-beperkings net vir familie en naaste vriende, en sal gevolglik nie ‘n ope diens wees nie.

  • Dit gaan goed met Zack se dogtertjie, die 10-jarige Zay-lene, en Zack se verloofde, Carmen Strydom (21), wat saam met die Schlebusch-egpaar in die motor was ten tyde van die ongeluk. Zay-lene is Dinsdag 9 November, uit die Clinton-hospitaal ontslaan. Carmen sterk aan in die Unie-hospitaal in Alberton.

 

Carmen Strydom wat vroeër onderwysassistent by Parys Primêr was. Sy sterk tans in die Unie-hospitaal in Alberton aan waar sy ook Maandag geopereer is. By haar is klein Zay-lene wat in die Clinton-hospitaal aansterk. Foto: Verskaf

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button