NewsNews

Gee nuwe lewe aan ou kunswerke

Gee nuwe lewe aan ou kunswerke

 

Met hierdie uitstalling hoef jy nie ‘n kunstenaar te wees om deel te neem nie. Jy kan jou kunswerke met die Re-Love kunsuitstalling te koop aanbied en so vir iemand anders die geleentheid gee om dit van voor af te waardeer.

 

Soms moet jy plek maak teen jou mure vir nuwe kunswerke of miskien trek jy na ‘n kleiner woning waar al jou kunswerke nie meer inpas nie. Dit sal tog ‘n sonde wees om oorspronklike kunswerke sommer net weg te gooi, daarom word dit gewoonlik veilig weggebêre waar dit net stof opgaar. Met hierdie uitstalling hoef jy nie ‘n kunstenaar te wees om deel te neem nie. Jy kan jou kunswerke met die Re-Love kunsuitstalling te koop aanbied en so vir iemand anders die geleentheid gee om dit van voor af te waardeer.

 

“‘n Kunswerk kom nie tot sy reg as jy dit onder jou bed of in ‘n kas bêre nie. Niemand sien dit nie. Daarom wil ons aan almal die geleentheid gee om hulle kuns wat vir so lank weggesteek word, weer nuwe lewe te gee,” sê Peet Ryke, ‘n komiteelid van die Potchefstroom Kunsvereniging. Kunswerke vir dié uitstalling word  Maandag, 15 November in die Snowflake-gebou ontvang en in die uitstallokale ten toon gestel. ‘n Openingsgeleentheid Woensdag, 17 November om 18:00 gee aan die publiek die eerste geleentheid om goeie kuns aan te koop. Kopers kan dadelik die werke afhaal wanneer hulle daarvoor betaal het. Inskrywingsfooie wissel van R10 tot R20 per kunswerk en ‘n maksimum van vier kunswerke kan ingeskryf word. Die Kunsvereniging verhaal ‘n kommissie van 10% op kunswerke wat verkoop word. Vir meer besonderhede rondom die uitstalling en inskrywingsvorms, stuur voor 13 November ‘n e-pos aan potchkuns@gmail.com of ‘n WhatsApp-boodskap na 071 331 7029.

 
https://potchefstroomherald.co.za/96190/gee-nuwe-lewe-aan-ou-kunswerke/

   

 
 

Related Articles

Back to top button