News

R59 weer oop ná vragmotorbotsing

R59 weer oop ná vragmotorbotsing

‘n Gedeelte van die R59 tussen Parys en Sasolburg moes gisteroggend gesluit word nadat die bestuurder van ‘n  insleep-vragmotor wat ‘n ander vragmotor gesleep het, oënskynlik beheer verloor het en beide voertuie die pad verlaat het. Die ongeluk het net voor  08:00 Donderdag 4 November gebeur.

 

 

 

Foto’s: Netcare 911

Paramedici het die drie insittendes van die twee vragmotors op die toneel vir ligte beserings behandel en is daarna per ambulans van die toneel vervoer.

Die R59 was teen Donderdagmiddag reeds weer oop vir verkeer.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button