News

Tannie Bettie se kruisie is getrek

Tannie Bettie se kruisie is getrek

 

Knap voor die horlosie Maandag 1 November die 3-uur slag sou slaan, was tannie Bettie reg om haar kruisie te trek. Op 99-jarige ouderdom mis tannie Bettie Theron van die Najaarsrus Tehuis vir Bejaardes nie ‘n enkele nuusbulletin nie.

Toe die dag aanbreek vir die landwye munisipale verkiesing, was sy vroegdag al ‘opgedress’ want stem wou sy stem en nie met ‘n tuisbesoek of spesiale stem nie. By die stemlokaal self.  

 

 

 

 

 

 

Sy kan nie onthou in hoeveel verkiesings sy al gestem het nie, maar terg goedig toe haar foto  geneem word oor hoeveel keer sy al die koerantblaaie op haar jare gehaal het. Maar om te stem is jou trots sê sy dan op ‘n ernstiger noot. “Ons moet stem”, en wys ewe trots haar duim – sy het haar kruisie getrek!  

 

Related Articles

Back to top button