NewsNews

Musiek, ‘n tuin vol liggies en die potte wat prut

Musiek, 'n tuin vol liggies en die potte wat prut

Om die prag tuin van die Najaarsrus Tehuis vir Bejaardes op ‘n Saterdagaand  getooi te sien met liggies. Potjies wat prut met van hoender tot beesstert en skaapafval, en die klank van talentvolle sangers op die opelug-verhoog, was ‘n bederf waarna nie net die bejaardes van dié tehuis al lank uitgesien het nie.

Dit was salf vir die siel vir baie ná maande van nie-normaal nie. Tyd wat kinders saam met hul bejaarde ouers die aand kon spandeer aan die keurig gedekte tafels.

Tyd vir uitkom om saam die mooi en lekker te kon geniet.

‘n Aand wat met twee woorde opgesom kon word – stylvol, genotvol

Die Recitar Melodia opelugkonsert en Potjie-aand saam met  Stefan Louw, Truter Odendaal en Manie Booyens, is gehou om fondse in te samel vir Najaarsrus wat soos baie ander tehuise ook in hierdie pandemie-tyd swaar geraak is met baie fondsinsamelingsprojekte wat skielik tot ‘n halt geroep is.

 

 

 

 

 

 

 

 

Dankie vir hulle wat die smaaklike potjies laat prut het en die meer as 100 gaste wat die aand saam geniet het. Die aand was die inisiatief van  Piet Booyens  wat seker gemaak het dat alles tot in die fynste besonderheid beplan is, saam met Elbé Ferreira en haar uitsonderlike span.  

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button