NewsNews

Spesiale stemme hierdie naweek uitgebring

Spesiale stemme hierdie naweek uitgebring

Spesiale stemme word hierdie naweek, vandag, Saterdag 30 Oktober, en Sondag 31 Oktober, uitgebring. Dit is slegs vir mense wie nie op 1 November in die gebied is waar hulle geregistreer is nie, of wie nie op 1 November by die stemlokale kan uitkom nie. Aansoeke vir hierdie spesiale stemme is vroeër gedoen en het reeds gesluit.

Onthou dat as jy onsekeer is of en waar jy geregistreer is, kan jy jou identiteitsnommer sms na 32810 en sal dan ‘n SMS terug ontvang wat aandui of jy geregistreer is en waar jou stempunt is. Let asseblief ook daarop dat die stadsaal in Parys nie meer deur die OVK gebruik sal word as stemlokaal nie, maar wel die Forum-gebou tussen Spar en die munispale kantore.

Dit geld ook vir mense wat geregistreer het vir spesiale stemme hierdie naweek en wat hier geregistreer is om te stem.    

Rachel Vermaak saam met ‘n OVK-gemapte waar sy haar stem uitgebring het tydens die spesiale stemme geleentheid hierdie naweek wat ook tuisbesoeke ingesluit het vir kiesers wat vooraf vir spesiale stemme geregistreer het.

       

Related Articles

Back to top button