NewsNews

Jy kan slegs stem in die wyk waar jy geregistreer is

Jy kan slegs stem in die wyk waar jy geregistreer is

   

 

“Anders as by ‘n nasionale verkiesing waar ‘n kieser op enige plek sy nasionale stembrief kan bekom en sy stem kan uitbring, kan kiesers met ‘n munisipale verkiesing slegs stem in die wyk waar hy of sy geregistreer is.” So sê VF+ rdl. Phillip v.d.Merwe. Om te kan stem moet ‘n kieser se naam en adres dus op die Onafhanklike Verkiesingskommissie se kieserslys verskyn en hy/sy mag slegs stem in die wyk waarbinne hy/sy/ adres, soos dit op die kieserslys verskyn, geleë is.

Persone wat nie op stemdag, 1 November, in die gebied waar hulle geregistreer is aanwesig gaan wees nie, kon vroeër aansoek gedoen het om op een van die twee spesiale stemdae, 30 en 31 Oktober, te stem.

Onthou asseblief dat die OVK nie meer die stadsaal  nie maar wel die Forum-gebou in Parys sal gebruik vir die spesiale stemme hierdie naweek en vir die verkiesing op 1 November. Die Forum-gebou is tussen Spar en die munisipale kantore. 

Die tyd waarbinne sulke aansoeke gedoen kon word het egter reeds verstryk. ‘n Persoon wie dus nie op stemdag fisies in sy wyk sal wees nie, en ook nie betyds aansoek gedoen het om ‘n spesiale stem uit te bring nie, sal nie kan stem nie. Kiesers wat onseker is of en waar hulle geregistreer is, kan hul identiteitsnommer na 34139 SMS en sal ‘n SMS terug ontvang wat aandui of hulle geregistreer is en waar hulle stempunt is. Kiesers moet kennis neem dat hulle NIE by ‘n politieke party kan registreer nie – slegs by die Onafhanklike Verkiesingskommissie.

Politieke partye het wel databasisse waarop hulle kiesers “registreer”, maar sodanige “registrasie” bring nie stemreg mee nie. Kiesers word dus aangeraai om teleurstelling te voorkom en betyds hul status by die Onafhanklike Verkiesingskommissie na te gaan deur van die SMS-diens gebruik te maak.  

 

Related Articles

Back to top button