News

Asseblief help – bloedvoorraad is kritiek laag

Jy kan vandag 'n verskil maak!

*Word deel van ‘n lewensreddende inisiatief #skenker100 en skenk bloed in Parys vandag*
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) het weer gewaarsku dat bloedvoorraad kritiek laag is en skenkersbydraes tans baie min, ook in Parys.
Daarom nooi die Bloeddiens die gemeenskap van Parys om bloed te skenk, vandag, Donderdag 28 Oktober 2021 by die Hervormde Kerksaal (hoek van Loop en Paulsen Straat) om 12h00 tot 18h00.
Help asseblief om 50 eenhede bloed in te samel.
Alle skenkers, veral skenkers wat nie in die afgelope paar maande geskenk het nie, word gevra om asseblief die tyd te neem om bloed te skenk, asook nuwe skenkers wat aan die minimum vereistes voldoen om ʼn bloedskenker te word.
Die jeug word ook aangemoedig om bloed te skenk. Bring jou familielid , kollega , sportsklub of groep vriende en skenk bloed.
Jou bloed red lewens.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button