![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/116/2021/10/Fire-safety-lnn-scaled-1-780x470-1.jpg)
Eskom het aangekondig dat fase 2 beurtkrag landwyd sal voortduur tot Saterdag. Dit beteken dat Parys beurtkrag sal hê op die volgende tye:
Vandag Dinsdag 26 Oktober
12:00-14:30
Woensdag 27 Oktober
12:00-14:30
20:00-22:30
Donderdag 28 Oktober
20:00-22:30
Vrydag 29 Oktober
02:00-04:30
Saterdag 30 Oktober
02:00-04:30
Onthou asseblief dat hierdie tye akkuraat was ten tyde van die plasing daarvan, maar dat Eskom te enige tyd na ‘n ander fase kan oorskakel wat beurtkragtye dan sal beinvloed.
Onthou dat weens beurtkrag watervoorsiening in Parys ook noodwendig geraak sal word omdat daar nie rugsteun kragvoorsiening by die waterwerke is nie.
As jou krag nie na die geskeduleerde beurtkragtyd aankom nie, moet jy dit rapporteer.
Hou daarom jou selfoon gelaai. Hou ‘n paar kanne vol water. Maak seker jy het ekstra flitsbatterye, brandstof vir jou noodkragopwekker en hou jou battery ligte gelaai. – Parys Gazette redaksie