News

Hartseer by PAWS met Miracle se afsterwe

Hartseer by PAWS met Miracle se afsterwe

Die plaaslike veearts, Dr. Francois Gerber en die personeel by Paws het alles in hulle vermoë gedoen om die vulletjie te red en te laat aansterk

Miracle, die donkie-vulletjie wat danksy ‘n noodkeiser die afgelope week by Pothefstroom Animal Welfare Society (PAWS) onder behandeling was, is Saterdagoggend oorlede.
Hierdie vulletjie het onder moeilike omstandighede wonderbaarlik die geboorte oorleef en kon vir ongeveer 6 dae die lig sien, maar kon ongelukkig nie sterk genoeg word in hierdie tyd nie.
Die plaaslike veearts, Dr. Francois Gerber en die personeel by Paws het alles in hulle vermoë gedoen om die vulletjie te red en te laat aansterk. Haar ma is tans nog besig om aan te sterk, loop rond en eet al na ‘n paar moeilike dae vol terugslae weens die geboorte.
“Sy (Miracle) was Vrydag opgeneem deur Dr. Gerber, waar sy op n drip was en suurstof, en die nodige medikasie ontvang het en fantasiese behandeling ontvang het,” het PAWS op hulle Facebookblad gister meedgedeel.
PAWS spreek dank uit aan Dr. Gerber vir sy hulp en bystand die afgelope week.
Lees die oorspronklike storie hier:
https://potchefstroomherald.co.za/95252/paws-se-mamma-donkie-en-haar-pasgebore-miracle-vulletjie-roer-hartsnare/

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button