News

Hulle weet hoe om hul sê te sê

Hulle weet hoe om hul sê te sê

 

Vivienne van der Schyff, ‘n leerder aan Parys Primêre skool, het die uitmuntende prestasie behaal deur as nasionale wenner vir graad 6 bekroon te word vir vanjaar se Radikale Redenaars-kompetisie. Hierbenewens behaal sy ‘n 4de plek nasionaal vir graad 6, en Henk Small ‘n 8ste plek nasionaal vir graad 7, by die Artistatue Redenaars-kompetisie vir voorbereide redenaars. Henk is ook ‘n leerder aan Parys Primêr.

Diaan Brink en Megan Daniel het in die Afrikaans voorbereide afdeling vir graad 10-leerders aan die nasionale Artistatue-Redenaars-kompetisie deelgeneem waar Megan ‘n skitterende derde plek nasionaal, en Diaan ‘n 5de plek nasionaal behaal het. By die nasionale Radikale Redenaars-kompetisie vir Afrikaans Lees graad 10 leerders, het Diaan ‘n sesde plek in die land behaal. Albei is leerders van Hoërskool Parys.

 

Henk Small (8ste plek nasionaal) vir graad 7 by die Artistatue Redenaars-kompetisie vir voorbereide redenaars, en Vivienne van der Schyff (4de plek nasionaal) vir graad 6 leerders in dieselfde kompetisie. Foto: Verskaf

 

Diaan Brink en Megan Daniel wat met skitter uitslae gespog het na afloop van die Artistatue en Radikale Redenars nasionale kompetisies. Foto: Hoërskool Parys Facebook-blad    

 

 

Related Articles

Back to top button