News

Luukse motors vergaar stof

Luukse motors vergaar stof

Twee luukse motors van die Ngwathe munisipaliteit staan al etlike jare by Parys se brandweergebou, dik onder die stof. Ná ongelukskade wat swak herstel is, het Ngwathe dit na verneem is met ‘n nuwe ampsmotor vervang. Gevolglik staan die motor ongebruik en nutteloos, tesame met ‘n luukse laatmodel Audi-motor wat vroeër deur Ngwathe se speaker gebruik is.

 

 

Toe Gazette in Junie hieroor berig het, is verneem dat die motors binnekort verkoop sou word. Die twee verwaarloosde luukse motors was egter teen Dinsdag steeds by die brandweerstasie. Verlede week het DA-raadslid Robert Ferendale  verneem dat ‘n stukkende munisipale bakkie nou al byna vier jaar staan om die herstelwerk te voltooi omdat Ngwathe glo nie sy agterstallige rekening by die werktuigkundige vereffen nie. “Ngwathe skuld my meer as R5 000 in bergingskoste alleen,” sê die werktuigkundige, mnr. Dave Naudé. Die motorlisensie het reeds einde Oktober 2017 verval.  

 

 

Related Articles

Back to top button