NewsNews

Bekende in boerderykringe sterf

Bekende in boerderykringe sterf

 

Mike van Rooyen (91), wat vir die afgelope 69 jaar op die plaas Rietkuil net buite Potchefstroom geboer het, is op 5 Oktober in Mediclinic Potchefstroom aan natuurlike oorsake dood.

 

Mike van Rooyen (91), wat vir die afgelope 69 jaar op die plaas Rietkuil net buite Potchefstroom geboer het, is verlede Dinsdag, 5 Oktober in Mediclinic Potchefstroom aan natuurlike oorsake dood. Hy was die oudste lidmaat van die Nederduits Hervormde Kerk, Moedergemeente in Potchefstroom wat in dieselfde kerk gedoop is en belydenis van geloof afgelê het. Van Rooyen is op 3 November 1929 gebore en het na skool B.Sc landbou-ekonomie aan die universiteit van Pretoria studeer. Hy was later een van die stigterslede van die Suid-Afrikaanse Mielieprodusente Instituut (SAMPI) en het ook op die direksie van die Nasionale Mielieprodusente Organisasie (NAMPO) gedien wat vandag as Graan SA bekend staan.

 

Mike was getroud met Rita (neé Dreyer) wat hom 12 jaar gelede ontval het. Vier kinders is uit hul huwelik gebore – twee seuns, Michael en Tom en twee dogters, Annelize en Erna. Mike en Rita het graag tennis gespeel op Potchefstroom en wat lede van die Suid- en Park-tennisklubs. Nadat Mike se seun, Tom, jare gelede die saaiery oorgeneem het, het Mike tot ses weke voor sy dood steeds met groot liefde en ywer self sy Bonsmara-kudde versorg. Sy kinders en kleinkinders was sy fokus en sy plesier. Hy sal onthou word vir sy algemene kennis, kwinkslae en die goeie voorbeeld wat hy as boer, pa en oupa gestel het.

 

 
 
 
You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button