News

Jong ringtennisspelers die fynere kunsies van die spel geleer

Jong ringtennisspelers die fynere kunsies van die spel geleer

 

 

Ses lede van Parys-ringtennisklub het van Donderdag, 7 Oktober tot Sondag, 10 Oktober aan die SA Junior Ringtennis-toernooi deelgeneem. Die toernooi is by Altelekker Jeugkamp tussen Kemptonpark en Centurion aangebied. Tydens die toernooi is die jong ringtennisspelers die verskillende fasette en reëls van die spel geleer. Onthou dat Parys-ringtennisklub elke Dinsdag en Donderdag om 17:00 by die NG-gemeente Parys-Oos oefen.  

 

Die Parys-spelers wat die toernooi bygewoon het, is agter van links: Adriaan Lewies wat met 95% die hoogste punte van al die deelnemers, insluitend die volwassenes, behaal het vir sy skeidsregterstoets, Arno Hattingh, Anya Siragopoulos en Paula Siragopoulos. Voor is Deon van Dyk en Monya Siragopoulos. Foto’s: Verskaf

Deon van Dyk word deur Johan Ferreira (SA skeidsregter), gelukgewens met sy toetsuitslae. Ringtennis is ‘n sport wat ewe veel pret as uitdaging bied en solank jy nog vlug van voet en oog is, is jy beslis nie té jonk of té oud vir ringtennis nie. Benewens die oefening wat die sport jou bied, is dit die ideale geleentheid om mense te ontmoet met weeklikse sosiale spel en terselfdertyd ‘n lekker wegbreek na die lang dag se werk. Naas ‘n paar tekkies, het jy niks meer nodig nie. Jy hoef ook nie ‘n ervare speler te wees nie. Beginners en selfs kinders is baie welkom. Kom speel saam en kyk hoeveel pret daar is in dié sport.    

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button