News

Uitstaande talent by vanjaar se SACOPA-skouspel

Uitstaande talent by vanjaar se SACOPA-skouspel

Parys se drama en dansstudente, asook ‘n paar jong modelle het die afgelope week geskitter by die South African Championship of Performing Arts wat van 1-10 Oktober in Rustenburg gehou is. Hulle het onderskeidelik die Vrystaat en Noordwes-provinsies verteenwoordig. Maande se harde werk, voorbereiding en beplanning vir die kleurvolle dekor en kostuums het gesorg vir ‘n fees van kleur en klank. Die ongelooflike talent van deelnemers in al die afdelings is beloon met ‘n medalje-oes vir dié studente wat teen die land se heel beste meegeding het.

Studente wat by SACOPA goue medaljes ontvang het, of bo 92%, is ingesluit in die Suid-Afrikaanse span vir deelname aan die World Champion-ships of Performing Arts (WCOPA) wat in Julie 2022 in Los Angeles gehou word. Slegs deelnemers aan SACOPA kan kwalifiseer vir WCOPA.

Hoewel baie moeite gedoen is om al die deelnemers se prestasies vir hierdie uitgawe te bekom, mag dit wees dat daar deelnemers was wie se prestasies nie teen Gazette se druktyd ontvang is nie. As daar van hierdie studente is, kan hul uitslae en foto’s per e-pos gestuur word na gazettenuus@gmail.com.

Hier is van die uitslae wat teen Gazette se druktyd ontvang is:

Drama

Carli de Jager het 3 silwer en 4 bronsmedaljes vir drama verower, terwyl haar boetie Reuben ook met 7 medaljes spog – 4 silwer en 3 brons vir drama. Hy was ook as dramastudent deel van die vertoningsgeleentheid vir die kampioenskappe.

Vivienne van der Schyff het deelgeneem aan drama en modelwerk, en ‘n instrumentale klavier-item. Dan was sy ook as model deel van die vertoon-geleentheid van die kampioenskappe in ‘n rok gemaak deur Oba du Plessis van Vredefort. Vivienne het vir drama groepstukke 2 brons, 3 silwer en een gouemedalje ontvang en vir drama solo 4 brons, 3 silwer en een gouemedalje.

Miané Roux verower ‘n goue, 3 silwer en 2 bronsmedaljes vir dramagroepe.

Hané Koen ontvang vir drama groepstukke 2 brons en 2 silwermedaljes.

Denine Koen het as deel van haar dramagroep 2 brons en 2 silwermedaljes ontvang.

Melanie Jooste het ‘n goue medalje, 2 silwer en 2 bronsmedaljes vir drama.

Daar is maande se harde werk, voorbereiding en beplanning met die kostuums en dekor ingesit vir die jong akteurs se optrede op die dramaverhoog.

Modelwerk:

Vir modelwerk het Amoré Britz van JannyDjan Models goud ontvang vir Fotografiese Modelwerk in die kategorie 13-15 jaar en is ingesluit in die SA-span. Om goud te kry moet ‘n persentasie van 95% behaal word.

Corniel Calitz het die Overall Grand Chanpion Award gewen vir Manlike Modelle asook goud vir Contemporary Acting, Broadway Vocals en Formal Modelling. Hy was die algehele wenner vir drama in die afdeling 25+ jaar, algehele vokale wenner 25+ en algehele modelwenner 25+.

Dit was JannyDjan Models se eerste jaar wat daar aan SACOPA deelgeneem is en is 11 medaljes verower – 5 goud, 5 silwer en een brons.

Amoré Britz wat geskitter het in die dans en modelafdelings.

 

Vivienne van der Schyff in ‘n skepping van Oba du Plessis van Vredefort vir die vertoongeleentheid van die kampioenskappe. Nog ’n Parysenaar, Reuben de Jager, was ook deel van die vertoongeleentheid.

 

Regs is Corniel Calitz wat die Overall Grand Champion Award vir Manlike Modelle gewen het asook verskeie ander toekennings. By hom is sy model-afrigter, Janet Potgieter van JannyDjan Models.

 

Leané van Tonder wat vir modelwerk 2 goud en 1 silwermedalje verower het, en vir drama 2 goud, 1 silwer en 1 brons.

Dans:

Die Aldanté Dansskool onder leiding van Belinda van Tonder, se uitslae was as volg:

Mieke Potgieter (5 silwer medaljes), Mari Potgieter (4 silwer medaljes), Kristi-Mari van Rooyen (4 silwer medaljes), Loraine van Rensburg (4 silwer medaljes), Kyra Visser (4 silwer medaljes), Sumia Visser (1 goud en 3 silwer), Annika Coetzee (5 silwer medaljes), Mia Ferreira (4 silwer medaljes), Caylin Tolmay (1 goud, 3 silwer, 1 brons), Renesme du Toit (1 goud, 3 silwer), Hané Koen (4 silwer), Marlique Wasserman (4 silwer medaljes), Danelle Rossouw (4 silwer medaljes), Amoré Brits (5 silwer medaljes) en Denise Lubbe (9 goud, 6 silwer en 4 brons). Al die dansers is ingesluit in die SA-span.

Belinda self het ’n ongelooflike 21 goue en 6 silwer medaljes, en is die algeheel beste danser in die 25-29 jaar kategorie.  

Belinda van Tonder van die Aldanté Dansskool wat gekroon is as beste algehele vroue danser in die kategorie 25 tot 29 jaar.
Denise Lubbe wat 19 medaljes vir dans in totaal verower het.
Die Dancing Diamonds
Van die dansers van Parys wat aan SACOPA deelgeneem het. Marlique Wasserman, Sumia Visser, Denise Lubbe, Caylin Tolmay en Renesme du Toit was afwesig met die neem van die foto.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button