News

Plaasaanvalle ‘n swaar kruis

Plaasaanvalle 'n swaar kruis

Dis bloedig warm daarbuite, maar langs die pad stap ‘n 60-jarige man met ‘n swaar houtkruis oor sy skouer.

Sy naam Patrick Styles.

Hoekom doen dit jy dit, vra ek? 

Sy antwoord – om mense bewus te maak van die gruwelike gevolge van plaasaanvalle. So vat hy die pad ‘n paar keer elke jaar – vir vier jaar al. Saterdag 9 Oktober het hy weer begin stap van Koster na Musina.

Daar gekom sal hy besluit of die pad hom terug vat na die plaas buite Koster waar hy bly – of verder aan. Sy bagasie is min, sy tekkies loop hy deur. Gister het die bye hom ook langs die pad  beetgekry, maar hy glo in dit wat hy doen. Hy loop die pad enduit.

AfriForum ondersteun hom en so ook ‘n afgetrede kolonel in die Suid-Afrikaanse Polisie Diens wat help dat waar hy kom hy slaapplek vir die aand sal hê, voordat hy weer sy kruis opneem en verder stap om die boodskap kilometer vir kilometer oor te dra – Stop die aanvalle op plase.  

 

 

 

Related Articles

Back to top button