News

‘Leen’ ‘n matriekafskeid rok of -pak hier

‘Leen’ ‘n matriekafskeid rok of -pak hier

Matriekmeisies of -seuns wat graag hul formele afskeidsgeleentheid wil bywoon maar nie ‘n duur rok of pak kan bekostig nie, kan die polisie se welwillendheidsprojek ondersteun wat aan hulle ‘n hele uitrusting gratis beskikbaar sal stel.

Deur Venessa van der Westhuizen, met erkenning aan Potchefstroom Herald
 

Matriekmeisies of -seuns wat graag hul formele afskeidsgeleentheid wil bywoon maar nie ‘n duur rok of pak kan bekostig nie, kan die polisie se welwillendheidsprojek ondersteun wat aan hulle ‘n hele uitrusting gratis beskikbaar sal stel. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) in die Noordwes gee aan alle meisies en seuns in die Noordwes die geleentheid om ‘n matriekafskeid van hul drome te kan hê.

 

Ao. Elmarie van der Merwe van die GKS in die Noordwes staan onder haar kollegas as ‘n “fairy godmother” bekend omdat sy nou die rol van die goeie fee van Cinderella vertolk. Sy sê die rokke word nie aan die meisies gegee nie, maar sy koerier dit vir hulle sodat hulle dit kan leen en weer aan haar terugbesorg. So word haar voorraad nie minder nie en kan meer as een meisie die geleentheid kry om ‘n duur rok te dra. Meisies en seuns wat graag ‘n uitrusting by Elmarie wil leen, kan vir haar ‘n WhatsApp stuur of haar by 071 647 1791 of 060 967 3959 skakel. Meisies kan hulle gunstelingkleur, grootte van haar rok en skoene stuur en seuns kan die grootte van die pak stuur. Onthou om die datum van die matriekafskeid, naam van die skool en kontakbesonderhede by te voeg. “Mense het ons tot dusver met groot entoesiasme ondersteun en ons het al ‘n hele paar uitrustings en bykomstighede soos skoene, juweliersware en handsakke om uit te leen. Daar is selfs haarkappers, skoonheidsterapeute en naeltegnici wat hulle dienste gratis aangebied het,” sê Elmarie.

 

https://potchefstroomherald.co.za/94308/leen-n-matriekafskeid-rok-of-pak-hier/

Related Articles

Back to top button