NewsNews

Gee jou kouse kleur vir eerste parkrun ná 19 maande

Gee jou kouse kleur vir eerste parkrun ná 19 maande

 

 

Hoe meer kleurvol hoe beter. Paar of onpaar. Solank jy jou helderste, bontste of snaakste paar kouse aantrek, is jy reg vir Saterdag se parkun. ‘n Eerste vir Parys ná 19 maande se wag om weer dié gereelde 5km stap of draf langs die prag roete wat al langs die Vaalrivier kronkel, te kan aanpak. Niks beter om jou kop skoon te kry ná ‘n lang week. Plaaslike parkrunners, soos Willien Diedericks is sommer baie opgewonde om dié naweek te kan deelneem. Willien het pas haar 99ste parkrun voltooi toe sy tot haar teleurstelling verlede jaar moes hoor dat ook parkrun weens die Covid-19 pandemie gekanselleer is. Nou – byna twee jaar later sal sy uiteindelik haar 100ste parkrun-mypaal kan behaal. Anders as met vorige parkruns is die Mimosa Tuine nie meer die wegspring- en eindpunt nie. Dié Saterdag sal daar vir die eerste keer om 08:00 vanaf Egweni River Lodge weggespring word. Die plaaslike parkrun sal ook voortaan as die Egweni River Lodge parkrun bekendstaan Daar is heelwat parkering binne die Egweni-terrein.  

 

Solank jy jou helderste, bontste of snaakste paar kouse aantrek, is jy reg vir Saterdag se parkun. Foto: Verskaf

Estelle van der Westhuizen en Willie du Preez wat 116 en 117 parkruns onderskeidelik voltooi het, sien al vir só lank daarna uit om weer ‘n parkrun te voltooi, dat hulle verlede naweek gaan kyk het na die wegspringpunt op die nuwe roete. Parys se parkrun sal voortaan as die Egweni River Lodge parkun bekend staan. Foto: Verskaf

Jy hoef nie ‘n Olimpiese of Comrades-atleet te wees om deel te neem nie. Almal is welkom, jonk en oud, fiks en onfiks. Selfs al sien jy nie kans vir die hele 5km roete nie, kan jy steeds deel wees van die parkrun-familie en so ver stap of draf as waarvoor jy kans sien. Dit is gratis, pret en ideaal vir die gesin. Selfs jou viervoetvriend is welkom om saam met jou te stap mits jy hom/haar aan ‘n leiband het. Wat belangrik is, is dat jy nie sal skandeer by die eindpunt, sou jy nie die volle afstand voltooi nie. Om te registreer vir parkrun is vrywillig, maklik en gratis. Deur te registreer kan jy met jou strepieskodenommer wat jy self uitdruk en saamneem na elke parkrun waar jy deelneem, seker maak jy hou rekord van jou tye en aantal parkruns wat jy voltooi het, sodat jy mylpale kan bereik. parkrun registrasie kan gedoen word by www.parkrun.co.za/register/. Onthou ook vrywilligers is altyd nodig by ‘n parkrun. Daarsonder kan parkrun nie gehou word nie. Dalk wil jy nie deelneem nie, maar jou hulp gaan aanbied. Covid-protokol sal te alle tye gehandhaaf word. Onthou jou masker met jou aankoms en as jy siek voel – bly liewer tuis. Sosiale afstand moet te alle tye gehandhaaf word.  

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button