News

Inperking innovering deur parkrun gemeenskap

Inperking innovering deur parkrun gemeenskap

Met die aankondiging van vlak 5 inperking verlede jaar weens die Covid-19 pandemie, is daar aanvanklik gedink daar sal binnekort weer deelgeneem kan word aan parkrun byeenkomste. Dit het nie gerealiseer nie, en ná ‘n paar weke se kopkrap oomblikke deur middel van telefoongesprekke, het die konsep van ‘n opgetekende nie-parkrun ontstaan – vandag beter bekend as ‘n (not)parkrun.

Die reëls waarop ooreengekom is, was eenvoudig. Draf of stap elke dag 5km om ‘n parkrun aan te teken. Dus – sewe byeenkomste in sewe dae, pleks van een per week net op ‘n Saterdag soos vir normale parkrun. In Junie verlede jaar het (not)parkrun afgeskop. Nooit het iemand kon dink dat hulle na ‘n volgehoue jaar se daaglikse hardloop/stap ‘n totaal van 365 parkruns sou behaal nie. Eers veel later het sommige geregistreerde parkrun deelnemers dit agtergekom en begin met dié nuutjie. Daar is verskeie deelnemers wat nou meer as 100, 200, 300 en selfs meer as 400 (not)parkruns agter die blad het. En nog is het einde niet. Onder die reëls van (not)parkrun tel ‘n normale parkrun ook as ‘n (not)parkrun (mits jy dit ‘log’) maar nie andersom nie.

Die grootste verskil tussen die opnames van die twee is dat met ‘n normale parkrun jou tyd gebaseer is op ‘n onafhanklike persoon se digitale opname van almal se gelyke wegspring op ‘n bepaalde Saterdagoggend tot en met die individu se voltooiing van die 5km, terwyl by ‘n (not)parkrun onder Covid-regulasies, bepaal die individu wanneer hy/sy wil hardloop en op watter dag, en neem jy jou eie tyd van begin tot einde. Jy lees dan self jou tyd in by jou (not)parkrun profiel. Jou parkrun profiel maak nou amptelik voorsiening vir aantekening van jou (not)parkruns.

Daar is egter geen amptelike mylpale nie. Sodoende noop dit die oud-geregistreerde parkrun-deelnemer (registrasie bly nog steeds ‘n voorvereiste) om aktief en fiks te bly en rekord te hou van sy/haar aktiwiteite. Parys se (not)parkrun uitblinkers Wat Parys se deelnemers betref is daar verskeie persone wat al oor die honderd (not)parkrun deelnames agter die rug het. Met die skryf van hierdie berig het bekende deelnemer Johan Bosman (ook ‘n plaaslike Event en Run Director) meer as 325 (not)parkruns agter die rug, en sal hy binnekort die 350 (not)parkrun persoonlike mylpaal bereik. Boet Beukes het 187, die uwe 185, en Carol Jacobs 144. T

een die tyd dat die nuwe parkrun vir Parys amptelik geopen word sal dié syfers al heelwat opwaarts aangepas wees. Dit blyk dat meeste Parys parkrun geregistreerdes al (not)parkruns op hul kerfstok het met die grootste aantal deelnemers wat tussen 30 en 40 deelnames het, nadat hulle onlangs eers begin deelneem het, of net op Saterdae ’n (not)parkrun aanteken. Virtuele deelnames Omdat openbare parke en meeste normale parkrun-roetes gesluit is onder grendel omstandighede beteken dit dat jy kan hardloop waar jy wil solank die afstand van 5km bereik word vir erkenning doeleindes.

As jy by Parys geregistreer was sou dit beteken dat alle (not)parkrun lopies aangeteken sou word onder Parys. ‘n Variasie op die tema het ontstaan toe (not)parkrun deelnemers na afloop van elke (not)parkrun hul registrasie verskuif het na die volgende dorp in die parkrun alfabet, dit wil sê hulle het daagliks deur ‘n nuwe virtuele omgewing gehardloop. Derhalwe het hulle gekwalifiseer as (not)parkrun toeriste.

Na voltooiing van al die parkrun geregistreerde byeenkomste in Suid-Afrika (huidiglik 222) het hulle ‘n virtuele kenteken ontvang ter bevestiging van die groot geleentheid.

Ongelukkig het sommige parkrun vergaderplekke permanent toegemaak gedurende die grendeltydperk en kan geen parkrun meer daar aangeteken word nie. Daar sal voortaan ook nie meer ’n parkrun of (not)parkrun onder die naam Parys aangeteken kan word nie. Die nuwe naam is Egweni River Lodge parkrun. (not)parkruns kan alreeds hier gelog word deur deelnemers wat geregistreer is. As jy alreeds ‘n parkrun strepieskodenommer (barcode) het, het jy toegang tot jou logblad.    

 

 

 

Related Articles

Back to top button