NewsNews

Suid-Afrikaanse Polisie Diens Teen-Insurgensie Veterane Bond hou gedenkdiens

Suid-Afrikaanse Polisie Diens Teen-Insurgensie Veterane Bond hou gedenkdiens

‘n Hartroerende seremonie met die onthulling van die verplaasde en herstelde beeldgroep van die SAPD Teen-Insurgensie (TIN) Veterane is op 28 Augustus gehou. Die Maleoskop beeldegroep is op 1 April 1987 ingehuldig op die plaas Maleoskop. Dit is in 2003 oorgeplaas na die SA Polisiemuseum in Pretoria. In 2015 is aansoek gedoen om die beelde te bekom om ‘n gedenkmuur te bou wat die name sou bevat van alle polisiemanne wat hul lewens verloor het op die grense van die voormalige Suidwes-Afrika, die voormalige Rhodesië en Suid-Afrika. Die beelde is gegiet uit geelkoper deur duisende R1-doppies te smelt. Die beeldhouer was wyle Brigadier Buks van Staden. Die beeldgroep is later in ‘n haglike toestand gevind by die Polisiemuseum. Dit was erg gevandaliseer.

SAPD TIN veteraan Henk van Heerden was in beheer van die 12 lede wat die beelde gaan herwin het, en dit na sy huis verskuif het vir veilige bewaring. Die Erfenis Stigting van die Voortrekkermonument het ‘n versoek om die beelde daar te hervestig van die hand gewys. Robert van Onselen, bestuurslid van TIN, het toe ‘n stuk grond aangebied op die 99 jaar huurpagstelsel. Die nuwe tuiste van die beeldgroep en die gedenkmuur word toe Doornpoort.  

 

Polisielede en polisiehonde wat tydens die grensoorloë gesterf het, word hier gesalueer.

Regs: ’n Polisiehond dra die krans vir die kransleggingseremonie tydens die onthulling van die beeldgroep.  

Bo: Kapt. (aft)

Charel Niemand voor die beeldgroep tydens die onthulling van die verplaasde en herstelde beeldgroep van die SAPD Teen-Insurgensie (TIN) Veterane.  

Inlas: Lt. kol (aft) Philip Malherbe, ‘n lid van die SAPD TIN Eenheid se Veterane Bond. Hy verteenwoordig Parys, Vredefort, Koppies, Heilbron en Oranjeville.

 

In Junie 2017 is die proses van verskuiwing en hervestiging van die beeldgroep begin, sowel as die oprigting van die gedenkmuur. Op 22 Julie vanjaar om 16:30 is die beeldverskuiwing en ook die gedenkmuur amptelik voltooi. Mike Franks en die beeldhouer Stephan Rossouw was van die hoofrolspelers vir die herstel van die beeldgroep. Lt. kol (aft) Philip Malherbe is ‘n lid van die SAPD TIN Eenheid se Veterane Bond. Hy verteenwoordig Parys, Vredefort, Koppies, Heilbron en Oranjeville. Kapt (aft) Charel Niemand verteenwoordig Viljoenskroon. Philip Malherbe en Charel Niemand het die gedenkdiens op 28 Augustus in Pretoria bygewoon. Tydens die geleentheid is die gedenkmuur van afgestorwe polisielede en polisiehonde wat tydens die grensoorloë gesneuwel het, onthul. Alle afgetrede polisielede wat aan die toelatingsvereistes van lidmaatskap van die TIN Bond voldoen, en graag sou wou aansluit, is baie welkom om vir Philip Malherbe by 076 303 8008 te kontak, of stuur e-pos na malherbephilip135@gmail.com    

 

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button