NewsNews

Dorp se gholfbane die ene kleur vandag en môre

Vier en sestig spelers van wie die meeste dames, het vanoggend op die Parys Golf & Country Estate-baan afgeslaan vir die baie gewilde Ladies Classic gholftoernooi. Die toernooi kon verlede jaar weens inperking nie gehou word nie. Dit is vanjaar die vyfde keer dat die toernooi aangebied word en word dit oor twee dae in …

Vier en sestig spelers van wie die meeste dames, het vanoggend op die Parys Golf & Country Estate-baan afgeslaan vir die baie gewilde Ladies Classic gholftoernooi. Die toernooi kon verlede jaar weens inperking nie gehou word nie.

Dit is vanjaar die vyfde keer dat die toernooi aangebied word en word dit oor twee dae in spanverband beslis op beide Parys se spog gholfbane – Vaal de Grace en Parys Golf & Country Estate. Vanoggend was daar groot opgewondenheid onder die dames, en die baan die ene kleur met vrolike gholfuitrustings. Elke span het  ‘n Franse geurtjie by die spanname ingewerk om te pas by vanjaar se tema.

Vanaand kan jy boonop ‘n draai in Parys se sakekern maak met verskeie besighede en restaurante in en om die dorp se hoofstraat wat tot laataand oop sal wees om ook vir dié gholfspelers die geleentheid te gee om Parys se gasvryheid en inkopie-verskeidenheid te kan geniet. 

Kom kuier saam tot 20:00 vanaand. Sien jou daar!

 

   

 

   

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button