NewsNews

Slaghuisbestuurder slaan rower met knopkierie: word 2 keer geskiet

Slaghuisbestuurder slaan rower met knopkierie: word 2 keer geskiet

‘n Slaghuisbestuurder (37) is Donderdag (30 September) twee keer geskiet toe vier vermeende rowers ‘n slaghuis wou beroof.

 

Dié voorval het rondom 17:30 in Sol Plaatjiestraat in Potchefstroom plaasgevind. Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in die Noordwes, sê vier mans het die slaghuis met ‘n vuurwapen binnegekom, terwyl twee buite gewag het. ‘n Skermutseling het tussen die slaghuisbestuurder en die rowers ontstaan waarna die bestuurder een van die rowers met ‘n knopkierie oor die kop geslaan het.

 

Die rower het daarna twee skote afgevuur wat die bestuurder tussen die maag en bors asook in die linkerknie getref het. Daarna het die rowers op die vlug geslaan. Kol. Myburgh sê die polisie is op soek na ses verdagtes en ‘n saak van poging tot besigheidsroof en poging tot moord is geopen. Enige iemand met meer informasie, kan a.o. Kevin Pretorius by 082 461 8263 skakel.

 

 

 

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig: Slaghuisbestuurder slaan rower met knopkierie: word 2 keer geskiet – Potchefstroom Herald

 
 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button