NewsNews

Kleurvolle inspirasie op papier

Kleurvolle inspirasie op papier

   

 

 

Kleurvolle inspirasie vir volwassenes. Dit is waarmee ‘n aantal bejaardes van Najaarsrus hulle elke Woensdagoggend besig hou wanneer hulle saam die mooiste patrone inkleur. Die inkleur-inisiatief is deur een van die inwoners, Suzette Greeff, begin wat haar liefde vir inkleur met ander wou deel.

Sy vertel dat dié stokperdjie nie net kreatief is nie, maar jou ook help ontspan. Dit is gratis en Suzette deel haar prente en inkleurpotlode. Só het die inkleuroggende gesellige saamkuiers geword waar hulle nie net kreatief kan wees nie, maar ook gereeld nuwe mense ontmoet en hegte vriendskappe smee.

Hulle kom elke Woensdagoggend om 10:00 by die Dienssentrum by Najaarsrus bymekaar en nooi ook ander inwoners van ander tehuise om saam te kom inkleur. Verlede Woensdag is van die kunswerke beoordeel as motivering vir die deelnemers. Die wenners is deur Elbé Ferreira, bestuurder by Najaarsrus aangewys, en elkeen het ‘n geskenkie ontvang.

Die wenners was die 77-jarige Christine Bell (1ste), die 75-jarige Emma Booyens (2de) en die 83-jarige Rina Vermaak (3de).

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button