News

“Ek dink nie aan my blindheid as ‘n gebrek nie,”

Blinde Vrystaatse matrikulant wen provinsiale ATKV-Olimpiade

Met erkenning aan die ATKV vir die artikel oor Genevieve Croeser, ‘n matrikulant van Hoërskool Parys

 

 

 

Min van ons kan onsself ’n wêreld voorstel waar jy van jou sintuie beroof is. Dit kry egter nie vir Genevieve Croeser van Parys in die Vrystaat onder nie. Dié matrikulant van die Hoërskool Parys is sedert geboorte blind, maar sy is onlangs as die provinsiale wenner van die ATKV se senior olimpiade vir Afrikaans Huistaal aangewys.

“Die feit dat ek nie kan sien nie, het my nog nooit ondergekry nie. Ek dink nie aan my blindheid as ’n gebrek nie. Ek probeer so normaal as moontlik te lewe en doen alles wat my skoolmaats doen.”

Sy sê sy kan steeds nie glo dat sy die wenner is nie. “Dit is ’n groot voorreg. Ek het dit glad nie verwag nie. Die vraestel was lank en ek het nie gedink ek sal wen nie.”

Volgens Ezilda Fouché, Genevieve se Afrikaans-onderwyser, is sy ’n inspirasie vir al haar skoolmaats. “Genevieve het ’n gemiddeld van 80% en werk baie hard. Dit is regtig merkwaardig om te sien hoe goed sy in ’n gewone skool presteer. Sy is ook op die leerlingraad. Sy wil soos ander kinders behandel word.” Genevieve het ook die teks geskryf vir vanjaar se Groentjiekonsert.

Genevieve verduidelik dat sy op ’n Braillerekenaar werk. “Ek sal al my werk op die rekenaar doen en dit dan uitdruk en in my skoolboeke plak. Ek wil so normaal as moontlik wees.” Haar ma sal ook haar skoolwerk vir haar in Braille laat druk. Indien daar iets is wat sy in die klas moet lees, vra sy die onderwyser of een van haar skoolmaats om dit vir haar te lees. Die matrikulant is tans besig om haar rekordeksamen af te lê. Daarvoor skryf sy apart van die ander kinders omdat sy ’n leser nodig het om vir haar die vrae te lees. “Ek skryf al my eksamens op my rekenaar en laai dit dan op ’n geheuestokkie en gee dit dan vir my onderwysers.” Genevieve sê sy is nog nie seker wat sy ná skool wil doen nie. “Ek gaan waarskynlik ’n wegbreekjaar neem en besluit wat ek wil doen.”

 
 
 
 
 
 
You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button