News

DBV bekommerd oor beseerde hadedas

DBV bekommerd oor beseerde hadedas

 

 

Die DBV het nou reeds op twee beseerde hadedas afgekom waarvan beide se vlerke gebreek was. Nie een van die hadedas kon gered word nie. Dié voëls is so deel van die dorp soos die leiwater oor jare was. Die vermoede is dat die voëls kwaadwillig beseer is.  

 

Parys DBV se leerling-inspekteurs, Donovan Leite en Kabelo Ditlhanke.

Een van die beseerde hadedas wat onlangs deur die DBV-inspekteurs gekry is. Foto: Verskaf   Naas honde, katte en perde word daar dikwels ook na die welstand van ander diere soos ape, skilpaaie en voëls omgesien wanneer klagtes ontvang word. Só moes daar onlangs ook gehelp word om ‘n volstruis langs die N1 terug te jaag na sy kamp. Parys DBV het tans twee leerling-inspekteurs, Donovan Leite en Kabelo Ditlhanke. Jy kan die DBV skakel by (056) 811 3791 of die na-ure noodnommer 072 894 4061. Onthou dat as jy klagtes oor rondloper honde of katte by die DBV rapporteer, sal dit help as jy die dier in jou erf kan hou totdat die DBV personeel by jou kan kom. Die DBV het net een voertuig en beperkte personeel wat ‘n baie wye area moet bedien.

Daarom is dit nie moontlik om altyd onmiddellik op ‘n klagte te reageer nie, en weens Covid-regulasies kan die DBV nie nou vrywilligers inneem nie. Wanneer daar klagtes is oor die perdekarre, moet jy ‘n foto van die perdekar probeer neem omdat daar verskeie perdekarre in die dorp is. Die plaaslike DBV-tak staan onder die bestuur van Freda Botha, met Petrus Maloka, Margaret Cutshwa, Lea Mbongo en Elizabeth Molebatsi as algemene werkers. Die DBV het jou ondersteuning nodig. Skoonmaakmiddels soos handreiniger, Sta Soft, asyn en waspoeier vir die hokke en beddegoed is altyd welkom, sowel as hondekos, veral vir klein hondjies. Jy kan ook die SPCA Charity Shop in Philipstraat oorkant Pick n Pay ondersteun.    

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button