NewsNews

Twee Parys-vroue se spog werk dring deur vir nasionale beoordeling

Twee Parys-vroue se spog werk dring deur vir nasionale beoordeling

     

 

Die items van twee lede van Parys Vroue Landbou Unie (VLU)-tak, dring nou deur na die SA-kompetisies wat einde Oktober in Johannesburg gehou word. Die dames wie se werk nasionaal beoordeel sal word, is Annatjie Dreyer wat vroeër met ’n eerste plek kon spog vir haar masjiengeborduurde teenet, en Thea Guillaume wat ‘n tweede plek vir fotografie (deur ‘n venster) behaal het. Die VLU-kongres is vroeër vandeesmaand in Bloemfontein gehou waar die 90ste en 91ste verjaardae van die VVLU (Vrystaatse Vroue Landbou Unie) gevier is. Die viering kon nie verlede jaar plaasvind nie, weens Covid-19 inperking. Die kongres en viering is bygewoon deur twee Parys VLU-lede, Bernadet van der Ende en Annatjie Dreyer.

Dit was ook ‘n bydrywige paar weke vir die plaaslike Vroue Landbou Unie (VLU)-tak. Daar is pannekoek gebak op 26 Augustus, en sê die VLU dankie vir die publiek se ondersteuning. Op 28 Oktober word die panne en spane nader getrek wanneer daar weer pannekoek gebak sal word. Op 14 September het die Parys VLU-taklede saamgekuier by Die Kultuurkamer waar Eska de Bruin gesorg het vir groot vermaak deur die verskillende fases van vrouwees met kleredrag te demonstreer – van tiener tot ‘n ouer dame.

Daar is ook gekyk na ‘n skyfievertoning van die VLU-kongres en optrede van Willem Botha (bekende sanger en akteur), Igno van Niekerk (motiveringspreker vir nasionale en multi-nasionale maatskappye), en Wilhelmina Garcao (Kokkedoor-wenner saam met haar spanmaat Pasch).   Na afloop van die saamkuier is sewe komberse aan Ester Wiegand oorhandig. Die komberse is deur die VLU-lede gemaak. Ester is ‘n pleegsorg mamma en wettige voog van sewe dogters. ‘n Anonieme skenker het ook vir haar ‘n wasmasjien geskenk wat met die geleentheid oorhandig is. Nog 11 komberse is die dag geskenk aan Stoney, Lucky en Sylvia van die Edu Care huis in Vredefort. Hulle gee blyplek en drie etes per dag aan mense wat van ‘n Sassa pensioen afhanklik is, en verswak, blind, siek of gestremd is, met geen ander heenkome nie.  

 

Links: Ester Wiegand (links), saam met Eska de Bruin en Bernadet van der Ende by die wasmasjien en komberse wat namens die VLU-lede en ‘n anonieme borg aan haar oorhandig is.

 

 

 

Bo: Van links is Sylvia Rampopo, Karel Steenkamp en Hlanhla Khumak (Lucky) met die komberse wat deur VLU vir Young World Edu Care in Vredefort oorhandig is. Heel regs is Bernadet van der Ende (VLU Parys).

 

   

Annatjie Dreyer met haar pragtige masjiengeborduurde teenet wat ‘n eerste plek by die VLU-kongres verower het. Haar net, sowel as ‘n foto van Thea Guillaume wat ‘n tweede plek behaal het, dring nou deur na die SA-kompetisie. 

 

 

 

 

Related Articles

Back to top button