NewsNews

Vandale se handewerk skoongemaak

Vandale se handewerk skoongemaak

 

 

Die pragtige pienk granietsteen wat jou welkom heet in Parys wanneer jy by die wabrug oor die Vaalrivier die dorp van Potchefstroom-kant inry, is skoongemaak. Gazette het drie weke gelede berig oor die steen wat onder die hande van vandale deurgeloop het wat dit met verf besmeer het. Hoewel van die verf nog aan die een kant van die steen gesien kan word, is dit heelwat ligter, en die ander kant van die steen nou skoon. Dankie vir wie die steen wat ‘n deel is van die dorp se geskiedenis is, skoongemaak het.

Die welbekende Parys graniet met sy kenmerkende pienk vlamme wat jy by al die dorpsingange van Parys sien, is vroeër jare hier gemyn en het net hier voorgekom. Naas die poskantoor en gevangenis in die dorp, sien jy selfs Parys graniet by die senotaaf in die Voortrekker Monument. Graniet mynbou in die Vredefort Koepel het teen ongeveer 1890 begin en ongeveer in 1998 geëïndig.

 

Só het die verwelkomingsteen gelyk nadat vandale dit vroeër met verf besmeer het.

Die voorkant van die steen is skoongemaak nadat vandale dit met verf besmeer het,. Op die agterkant (foto) is die verf nou ligter maar steeds sigbaar.

     

 

 

    

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button