NewsNews

Kafee rowers nog nie gevang nie

Kafee rowers nog nie gevang nie

   

 

Gewapende rowers het Sondagaand na 18:00 die Rose Cafe op die h/v Grens- en Derdelaan beroof van koeldrank, kontant, sigarette en selfone van kliënte wat in die winkel was. Van die mans het vermoedelik na die voorval met ’n bloukleurige Volkswagen Polo gevlug.

Die rowers het ’n vuurwapen op een van die werknemers gerig, en hom en die kliënte in die winkel toe gevra om op die grond te gaan sit. Hulle het vier kratte koeldrank, sigarette agter die toonbank en geld uit die kasregister geneem, en toe met dit en die selfone gevlug. Niemand is in die voorval beseer nie. Lede van die polisie, Parys Sekuriteit en Rooidam buurtwag-groep lede was baie vinnig op die toneel, maar met Gazette se ter perse gaan is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. ’n Klag van gewapende roof word ondersoek.

Huisbrake in die dorp is steeds ’n groot probleem en word daar veral ook by motorhuise nou ingebreek.

Dit is meestal televisies, skootrekenaars en selfone wat gesteel word. Onthou dat jy onmiddellik die huisbraak by die polisie moet rapporteer. As jy eers wag om slotte, vensters en deure te vervang voordat jy die voorval rapporteer, is die kanse skraler vir die polisie om moontlike vingerafdrukke op die misdaadtoneel te kry.  

Related Articles

Back to top button