NewsNews

Gratis hondsdolheid inentingsveldtog vir Vredefort

Gratis hondsdolheid inentingsveldtog vir Vredefort

 

  Hondsdolheid is ’n dodelike siekte, en was daar reeds vanjaar uitbrake van hondsdolheid in die Wes-Kaap en Gauteng. ’n Seun is ook in die Oos-Kaap dood aan hondsdolheid. Om dié dodelike siekte te voorkom is gereelde inentings uiters noodsaaklik.

’n Gratis inentingsveldtog teen hondsdolheid, word op Dinsdag 28 September in Vredefort en Mokwallo gehou vir alle honde en katte.

Die veldtog word aangebied deur Departement Landbou se Veeartseny-afdeling. Mense word gevra om hul honde aan ’n leiband, en katte in ’n geskikte sak of houer te bring na die punte waar die gratis inentings gedoen sal word deur personeel van die departement.

Die vier punte waarnatoe jy kan gaan op Dinsdag 28 September van 09:00 tot 16:00 is:

* Die Vredefort-biblioteek

* Mokwallo Community Multi-Purpose Centre

* Karwas-perseel in Mokwallo naby Boiphihlelo-skool

* SS Paki-skool.    

Related Articles

Back to top button