News

Slagpale-moord: Drie word na ses jaar gevonnis

Drie van die vier mense wat ‘n rooftog by die slagpale in Potchefstroom in Augustus 2015 beplan het, is Woensdag (16 September) in die rondgaande hof in Klerksdorp swaar gevonnis.  Van links: Samuel Motsi, Idah Lebaka en Bibi Ngcamphalala. Foto: Susan Cilliers Drie van die vier mense wat ‘n rooftog by die slagpale in Potchefstroom …

Drie van die vier mense wat ‘n rooftog by die slagpale in Potchefstroom in Augustus 2015 beplan het, is Woensdag (16 September) in die rondgaande hof in Klerksdorp swaar gevonnis.

Drie van die vier mense wat ‘n rooftog by die slagpale in Potchefstroom in Augustus 2015 beplan het, is Woensdag (16 September) in die rondgaande hof in Klerksdorp swaar gevonnis. Samuel Motsi, Bibi Ngcamphalala en Idah Lebaka het uiteindelik hulle straf na ses jaar ontvang vir hulle aandeel in die tragedie.

Die rooftog het destyds groot opslae gemaak toe Koos van der Leeuw, ‘n bekende beesboer van Potchefstroom, in ‘n rooftog by die slagpale in Potchefstroom doodgeskiet is. Hy en sy vrou, Marietjie, het by die slagpale aangekom en gesien hoe die eienaar van die slagpale beroof word. Van der Leeuw het uit sy bakkie geklim en een van die rowers noodlottig gewond waarna hyself deur ‘n rower geskiet is. Hy het later die dag aan sy wonde beswyk.

Kobus van der Leeuw

Die polisie het twee rowers wat betrokke was kort daarna tydens ‘n rooftog in Sandton doodgeskiet. Van der Leeuw se vuurwapen is by hulle gevind.

Regter Steph Bezuidenhout het verlede jaar tydens die uitspraak gesê hoewel die drie beskuldigdes tydens die rooftog en moord nie op die toneel was nie, hulle net so skuldig is omdat hulle die roof saam beplan het. Motsi, ‘n werknemer by die slagpale, was die meesterbrein agter die rooftog. Hy het Lebaka genader om mense te kry wat die rooftog by sy werkplek kon uitvoer en was die dag van roof by die huis terwyl Ngcamphalala en Lebaka in ’n wegkommotor gewag het.

Ngcamphalala, Lebaka en Motsi is al drie aan moord, asook twee aanklagte van gewapende roof skuldig bevind.

Volgens Netwerk24 het regter Bezuidenhout Motsi tot lewenslange tronkstraf gevonnis en gesê as dit nie vir hom was nie, daar nie ‘n rooftog sou gewees het wat tot die dood van Van der Leeuw gelei het nie. Sy medebeskuldigdes, Bibi Ngcamphalala en Idah Lebaka, is elkeen tot 22 jaar tronkstraf gevonnis vir hulle aandeel in die moord. Al drie is elk ook ‘n 30 jaar tronkstraf opgelê op twee aanklagte van gewapende roof.

Die vierde beskuldigde, Tefo Mohau, was uit op borgtog maar het nie vir die uitspraak of vonnisoplegging opgedaag nie.  ’n Lasbrief vir sy inhegtenisname is uitgereik.

Netwerk24 het ook adv. Kobus Jacobs, staatsaanklaer, aangehaal waar hy net die grootste lof vir die uitstekende speurwerk in die saak gehad het: “Ao. Bonita Dry se harde werk in die saak was van onskatbare waarde. Sy het nie bloot inligting ingesamel nie, maar ure se onsersoekwerk ingesit.”

 

Slagpale-moord: Drie word na ses jaar gevonnis

 

 

Related Articles

Back to top button