News

Rioolwater by hangbrug; inwoners kla al meer as twee maande

Rioolwater by hangbrug; inwoners kla al meer as twee maande

     

Inwoners in die omgewing van die geskiedkundige hangbrug oor die Vaalrivier in Parys eis dringende aksie van die Ngwathe munisipaliteit nadat rioolwater met ‘n ondraaglike stank sporadies al die afgelope meer as twee maande hier gestort word. Die storting word veroorsaak deur ‘n lekkende rioolafvoerpyp vanaf Gholfeiland.

Volgens Johann Bosman wat naby die hangbrug woon, het hy die rioolstorting reeds op 30 Junie aan die munisipaliteit gerapporteer en daarna ook herhaaldelik aan verskeie ander persone. Dié foto’s is Vrydagoggend geneem toe rioolwater weer uit die pyp geloop het.    As gevolg van die lekkende pyp beland van die rioolwater sporadies, veral wanneer daar gepomp word, op die hangbrug. 

 

As gevolg van die lekkende pyp beland van die rioolwater sporadies, veral wanneer daar gepomp word, op die hangbrug.

.

Die foto is Vrydagoggend geneem waar rioolwater onder die lekkende pyp duidelik op die gras sigbaar is.

Hoewel die munisipaliteit probeer het om die lekkende pyp te herstel, lek dit veral as riool gepomp word vanaf die eiland om by die dorp se rioollyn aan te sluit. Die gevolg is dat die rioolwater wanneer dit uit die pyp lek, op die brug beland. Vrydag kon duidelik gesien word hoe die rioolwater ook onder die pyp lê, vanwaar dit dan in die rivier inloop. DA-raadslid Andries Vrey het aan Gazette bevestig dat hy ook self die rioollek by die hangbrug op 14 Junie vir die eerste keer aangemeld het, en daarna verskeie kere. Verlede week het ‘n span van die munisipaliteit probeer om die pyp te seël, maar kon nie al die lekplekke reggemaak word nie. Die Ngwathe munisipale woordvoerder, mnr. Steve Naale, het Maandag bevestig dat die munisipaliteit se tegniese span weer by die hangbrug was en nou ‘n aanbeveling sal maak oor wat gedoen moet word om die rioolstorting stop te sit.

 

  Die Ngwathe munisipaliteit se tegniese span was Maandag weer by die hangbrug om ‘n aanbeveling te maak oor wat nou gedoen sal moet word om die rioolstorting stop te sit. Foto’s: Verskaf

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button