News

Net 45% van munispaliteite het planne vir onderhoud aan infrastruktuur

      Die verval van munisipaliteite in Suid-Afrika  is ʼn kommerwekkende werklikheid en vrae van die VF Plus aan onder andere die minister van plaaslike regering en tradisionele sake (Cogta), Nkosazana Dlamini-Zuma, bevestig dat die situasie so haglik is dat krisisbestuur normale dienslewering grootliks vervang het. Dit word ook gesien in Parys met die …

 

 

Die verval van munisipaliteite in Suid-Afrika  is ʼn kommerwekkende werklikheid en vrae van die VF Plus aan onder andere die minister van plaaslike regering en tradisionele sake (Cogta), Nkosazana Dlamini-Zuma, bevestig dat die situasie so haglik is dat krisisbestuur normale dienslewering grootliks vervang het. Dit word ook gesien in Parys met die voortslepende waterkrisis wat dele van die dorp al vir 8 weke lank raak, en die afgelope week ook die hele dorp affekteer het met nog ‘n groot waterlek wat herstel moes word. Ook met die instandhouding van die dorp se kragnetwerk, is onderhoud aan infrastruktuur ‘n ernstige bron van kommer. met die munispaliteit se knypende finansies. Kabeldiewe en vandalisering van sabotasies vererger boonop die probleem. Op ʼn vraag oor planne vir die onderhoud van infrastruktuur regoor Suid-Afrika, en waar dit volledig of gedeeltelik in werking gestel is, blyk dit uit minister Dlamini-Zuma se antwoord dat slegs 45% van alle munisipaliteite in die land planne het vir die instandhouding van infrastruktuur vir hul onderskeie munisipale dienste.

 

Van hierdie 45% munisipaliteite implementeer slegs 10% die planne ten volle, oftewel minder as 5% van alle munisipaliteite in die land. Luidens die ouditeur-generaal (OG) se verslag ingevolge die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur (MFMA) het 41% van die geouditeerde munisipaliteite geen goedgekeurde beleid oor die roetine-instandhouding van water- en sanitasie-infrastruktuur nie terwyl 27% geen padonderhoudsplanne nie.

 
 

Dit beteken dat by ʼn derde van munisipaliteite landwyd paaie verval sonder enige onderhoudsplan. In antwoord op die vraag oor die stappe wat geneem word om die negatiewe gevolge van politieke binnegevegte op dienslewering te voorkom, erken die minister dat dit munisipaliteite se vermoë om diens te lewer benadeel, maar dit blyk ook dat niks daadwerklik daaraan gedoen word nie.   In antwoord op die kwessie van gespesialiseerde kundigheid soos ingenieurs in die onderskeie afdelings op plaaslike vlak, blyk dit dat daar tans 53 vakatures vir die pos van tegniese direkteur by munisipaliteite is. Oor hoe die tekorte reggestel gaan word, is die antwoord dat plaaslike owerhede nie wetlik verplig word om kundiges soos geregistreerde meganiese-, elektriese-, siviele- en chemiese ingenieurs in diens te neem nie. Volgens die minister volg elke plaaslike owerheid ʼn goedgekeurde organisasiestruktuur om persone met vaardighede in ooreenstemming met toepaslike regulasies en behoeftes aan te stel.

 
Die VF Plus sien hierdie tekort aan kundigheid as ʼn groot rede vir die verval aan infrastruktuur en dit kan grootliks toegeskryf word aan die gevolge van regstellende aksie (RA) wat ʼn direkte impak op dienslewering het.
 
 
Rakende die veilige storting van gevaarlike en huishoudelike afval, het die VF Plus ʼn vraag gerig aan me. Barbara Creecy, minister van omgewingsake, bosbou en visserye, oor die aantal munisipaliteite in elke provinsie wat aansoek gedoen het om lisensies te bekom vir die behandeling en wegdoening van gevaarlike afval ingevolge die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Afval. Gevaarlike afval word allerweë beskou as die volgende groot tydbom ná die huidige krisis met water, krag en riool. Dit hou ʼn ernstige bedreiging in vir lewe en die omgewing en die groot opbou van afval deur onder meer chemiese- en metaalaanlegte verger die probleem by die dag. Die ontstellende antwoord hierop is dat net twee munisipaliteite in Suid-Afrika aansoek gedoen het. Dit stuur onvermydelik af op ʼn volgende ramp wat die ANC-regering voor hom sien ontwikkel en afspeel. Ook hier sal die situasie waarskynlik net so gelaat word totdat daar eindelik krisisbeheer toegepas moet word.  

 

Hier is die  skakel na die oorspronklike berig https://carletonvilleherald.com/50025/net-45-van-munispaliteite-het-planne-vir-onderhoud-aan-infrastruktuur/    

 

       

 

Related Articles

Back to top button