NewsNews

Groot eer vir Carli met streekfinaal-deelname vir World Monogue Games

Groot eer vir Carli met streekfinaal-deelname vir World Monogue Games

 

 

Carli de Jager van Parys het deurgedring na die streekfinaal van die World Monologue Games. Dit beteken dat dié graad 2-leerder van Parys Primêre Skool een van 12 kinders uit Afrika is wat aan die streekfinaal sal deelneem in die kategorie 11 jaar en jonger. In haar monoloog vertel sy vir Kersvader dat dogtertjies ook hou van bou en eerder Lego wil hê pleks van sagte speelgoed. Twee deelnemers per kategorie kan ook deur die kykers ingestem word.

Die optrede is Vrydag, 17 September om 13:00 en stemming is oop vir 48 uur. Die skakel om te kyk na Carli se deelname, en om te stem is https://www.youtube.com/watch?v=tpyAG6JnU1s Parysenaars kan deur te stem haar kans verbeter om haar tuisdorp by die wêreldfinaal te verteenwoordig. Onthou die datum 17 September.  

 

 

Related Articles

Back to top button