NewsNews

Emunah rommelverkoping sorg vir lekker koop en kuier

Emunah rommelverkoping sorg vir lekker koop en kuier

 

 

Danksy ’n span ongelooflike vriende uit die gemeenskap wat verlede week gehelp sorteer, skoonmaak en wegpak het, kon Emunah Foundation die afgelope naweek R5 000 insamel met hul rommelverkoping van alles en nog wat, wat die naweek by hul perseel in Eerstelaan gehou is.
Die boereworsrolle is sommer gou alles uitverkoop en die oggend was ’n lekker koop en kuier ervaring.
Dankie aan elkeen wat ’n bydrae gemaak het tot die sukses van die dag.

 

Die heerlike somerweer het Saterdag saamgespeel om van die Emunah Foundation se rommelverkoping ’n groot sukses te kon maak. Foto: Verskaf.

 

 

 

 

Fondse wat met die dag ingesamel is, stel die Emunah Foundation instaat om ’n fasiliteit daar te stel vir kinders, veral babas, vir wie daar dringend ’n tydelike heenkome gevind moet word, veral weens verwaarlosing of mishandeling.
As jy nog ’n bydrae wil maak, kan jy van die volgende bankbesonderhede gebruik maak: Emunah Foundation NPC, Standard Bank, takkode 051001, rekeningnommer 042317983.

 

 

Related Articles

Back to top button