NewsNews

Vyf hoor uiteindelik vonnis na byna 6 jaar

Vyf hoor uiteindelik vonnis na bykans 6 jaar

Vyf jaar en 8 maande na die dood van Samuel Tjixa en Tumelo Simon Jubeba, sal die 5 aangeklaagdes wat reeds in Mei 2020 skuldig bevind is aan aanranding op die oorledenes, hoor wat hul vonnis is.

Regter Corné van Zyl gee vanoggend 11:30 die vonnisuitspraak in die Hoë Hof in Parys. Die verdediging vir Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, Cor Loggenberg, Loedie van der Westhuizen en Miela Jansen van Vuuren, het gister, Donderdag 9 September, hul vonnisbetoë gelewer en gevra vir opgeskorte vonnisse vir die mans, terwyl die staat vir direkte gevangenisstraf gevra het.

Die verhoor self duur nou reeds meer as twee jaar en vyf maande (64 hofdae).

Die staat het in sy saak aangevoer dat die beskuldigdes vir Tjixa en Jubeba na bewering sodanig sou aangerand het op 6 Januarie 2016 op die plaas Swartklip in die Weiveld-distrik dat hul kort daarna aan hul beserings beswyk het in die Parys en Pelenomi-hospitale onderskeidelik. Tjixa en Jubeba is deur ‘n groep mans aangekeer nadat verskeie boere op die noodroep gereageer het na ‘n plaasaanval op Loedie van der Westhuizen (sr.) op die plaas Biesiesbult.

Dit was uiteindelik die getuienis van ‘n afgetrede patoloog, prof. Jan Botha, wat vir die verdediging getuig het, wat die staat se getuienis op sy kop gedraai het. Regter Van Zyl het in haar verkorte uitspraak verlede jaar gesê, prof. Botha se getuienis was onbetwisbaar en was dit wat hy getuig het in skerp kontras met wat deur die 204 getuies in die hof gesê is. Hy het sy getuienis suiwer gebaseer op die nadoodse verslae, foto’s en ander getuienis wat toe reeds voor die hof gehou was.

Dit was uit sy getuienis duidelik dat die oorledenes kon sterf weens onvoldoende mediese hulp, en die ernstige beserings wat hul moontlik kon opdoen in hul reeds beseerde toestand toe hulle oor ruwe terrein van die plaas Swartklip met ‘n polisievangwa vervoer is om die ambulans langs die pad te ontmoet wat hulle verder sou vervoer.

  1. Adv Pistorius voor die hof in gesprek met Boeta van der Westhuizen. Foto: Alet van det Walt, Netwerk24

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button