NewsNews

Twee keer in een week voor meubelwinkel se deur

Twee keer in een week voor meubelwinkel se deur

    Om een voertuig wat die pad byster raak op jou winkelstoep te kry, is ’n ontnugtering maar twee in een week is ’n nagmerrie. Só vertel Theo en Willien Diedericks van Vredefort Meubels oor wat hulle die afgelope week beleef het. Maandagaand het ’n Kia Rio hul winkelstoep beskadig toe die bestuurder van die voertuig beheer oor die voertuig verloor en in die stoepgedeelte voor die gebou vasgery het.

Die gebou self is gelukkig nie beskadig nie, en die motorbestuurder en sy passasier is nie beseer nie.  

 

 

 

Willien vertel dat sy ná die groot skrik nog aan die dink was hoe hulle die winkeltoonbank meer na agter kon skuif, en sowaar daar gebeur dit toe weer Saterdagoggend toe ’n vragmotor wat om die draai beweeg het, se vrag van saamgepersde herwinbare materiaal geskuif en die vragmotor omgeslaan het. Die vrag het reg voor hul winkeldeur beland. Die vragmotorbestuurder is beseer en nooddienste is na die toneel ontbied.  

 

 

 

 

 

Waar die vragmotor omgeslaan het was Theo se bakkie kort tevore nog geparkeer, en het hy skaars 5 minute voor die ongeluk gery om ’n aflewering te gaan doen, vertel Willien. Vredefort Meubels is op ’n draai in die dorp se hoofstraat reg langs Boerefort. Die egpaar vertel dat in die 15 jaar wat hulle die onderneming besit, hierdie die vierde ongeluk op die draai was. Hulle meen spoed speel beslis ’n rol en wil nou ’n skrywe aan die provinsiale verkeersadministrasie rig om te vra dat ’n spoedhobbel hier aangebring word.    

 

   

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button