NewsNews

SA het van die hoogste syfers van eindstadium nierversaking ter wêreld

SA het van die hoogste syfers van eindstadium nierversaking ter wêreld

 

 

Meer as twee miljoen mense wêreldwyd ontvang behandeling vir nierversaking deur middel van dialise of ‘n nieroorplanting. Daar is egter veel meer mense wat behandeling benodig, maar weens toegang tot mediese hulp is hulle nie in staat nie, en baie van die mense sterf. Dieselfde situasie speel af in Suid-Afrika, met van die hoogste syfers van eindstadium nierversaking in die wêreld, en ook relatief min orgaan-en-weefseloorplantings in vergelyking met ander lande. Mediese personeel asook die publiek het nie genoegsame feitelike inligting wat die proses van orgaan-en-weefseloorplantings aanbetref nie. Dit is maar een van die bydraende faktore wat lei tot die lae oorplanting syfers. Suid-Afrika is een van 12 Afrika-lande wat nieroorplantings doen en die enigste land in Afrika wat gebruik maak van oorlede skenkers vir oorplantings.

Nie al die pasiënte wat eindstadium nierversaking het kwaififseer vir ‘n oorplanting nie, en dié wat wel op die waglys kom vir ‘n oorplanting kan ongeveer 12-15 jaar wag vir ‘n nier op die O-bloedgroep lys. Al hoe meer oorplantings word gedoen van lewende skenkers weens die tekort aan oorlede skenkers. ‘n Skenker kan ‘n familielid (lewende verwante skenker), ‘n vriend (lewend onverwante skenker) of ‘n altruïstiese skenker (vreemdeling) wees. Die skenker ondergaan verskeie mediese toetse om seker te maak dat hulle gesond is om die operasie te ondergaan en met een nier te kan funksioneer.

Nasionale Nierbewusmakings week wat gevier word van 6-10 September 2021 en bied die ideale geleentheid om kwessies rondom niergesondheid en nieroorplatings aan te spreek. Agt goue reëls vir niergesondheid

‘n Mens dink nooit regtig aan jou niere en die funksie wat dit verrig tot die dag wat dat dit nie meer werk nie. Jy kan tot 90% van jou nierfunksie verloor voordat jy enige simptome wys, of agterkom iets skort. World Kidney Day, ‘n wêreldwye bewusmakingsveldtog het agt goue reëls ontwikkel om na jou niere om te sien.

1.Monitor en beheer jou bloeddruk:

Ontwikkel die gewoonte om te weet wat jou bloeddruk is. Hoë bloeddruk kan jou niere beskadig en lei tot chroniese nierversaking wat moontlik kan lei tot eindstadium nierversaking. Jou ideale bloeddruk is 120/80; indien jou bloeddruk hoër is as dit wanneer dit op twee verskillende dae gemeet word, raadpleeg jou geneesheer. Hy/sy sal adviseer hoe om jou leefstyl en of dieët aan te pas.

2.Kry jou bloedsuikervlakke onder beheer:

Baie diabete ontwikkel eindstadium nierversaking. Dit is dus baie belangrik om gesonde bloedsuikervlakke te handhaaf en jou nierfunksie gereëld te laat toets. Indien dit vroegtydig gediagnoseer word kan die ontwikkeling na eindstadium nierversaking vertraag en selfs verhoed word.

3.Fisiese aktiwiteite:

Die volgende is maar net ‘n paar voordele van ‘n aktiewe leefstyl:

•help om ‘n ideale/gesonde liggaamsgewig te behou;

•verlaag jou bloeddruk;

•verlaag risiko van chroniese nierversaking.

4.Gesonde gebalanseerde dieët en liggaamsgewig:

Die voordele van ‘n gesonde dieët is vanselfsprekend. Dit kan die volgende lewenstyl-verwante siektes voorkom: diabetes, hartsiektes en ander choniese siektes verwant aan eindstadium nierversaking. Jy plaas minder stres op jou organe deur ‘n gesonde gewig te handhaaf. Verminder jou sout inname na 5-6 gram per dag (een teelepel). Geprosesseerde kos en verwerkte kosse bevat baie sout, die beste is om vars bestanddele te gebruik vir jou maaltye sover moontlik.

5.Drink genoeg water:

Jou niere sal jou ewig dankbaar wees omdat jy na hulle omsien. Deur genoeg water te drink help jy jou lyf om ontslae te raak van oormatige minerale soos natrium, kalium en fosfate wat jou organe kan beskadig. Die ideale hoeveelheid vloeistof wat jou liggaam benodig word beinvloed deur hoe aktief jy is, die klimaat waar jy woon, of jy swanger is en of jy borsvoed. Bespreek die geskikte hoeveelheid vloeistof inname met jou dokter.

6.Moenie rook nie: Rook veroorsaak dat daar minder suurstof-draende bloed na jou niere en ander organe vloei wat funksionering beïnvloed. Wanneer jou niere nie optimaal funksioneer nie, kan dit nie ontslae raak van oortollige gifstowwe en minerale nie.

7. Vermy die gebruik van oor–die-toonbank anti-inflamatoriese medikasie:

Indien jy oor-die-toonbank nie-steroïd anti-inflamatoriese medikasie (soos ibuprofen) op ‘n gereëlde basis gebruik kan jy jou gesondheid op die spel plaas en moontlik chroniese nierversaking ontwikkel. Bespreek hoe om jou pyn te behandel/bestuur met jou dokter en steeds jou niere te beskerm.

8.Laat toets jou nierfunksie gereëld indien jy in enige van die hoë risiko groepe val:

Jy word gesien as hoë risiko om eindstadium nierversaking te ontwikkel indien jy enige van die volgende het:

•Diabetes •Hoë bloeddruk

•‘n Familie geskiendenis van niersiektes

•Vetsug (obesity)

Ongelukkig kan eindstadium nierversaking nie genees word nie, maar dit kan verhoed word en die verloop na eindstadium nierversaking kan bestuur word.  

 

   

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button