News

Sy kaaskoeke was legendaries – sy lag aansteeklik

Sy kaaskoeke was legendaries - sy lag aansteeklik

 

Sy kaaskoeke was legendaries, maar ook as skilder was Harry Mommsen eweneens so talentvol as wat hy was met die uitsonderlike koeke wat hy gebak het. Harry is op 4 September oorlede – net ’n maand voor sy 71ste verjaardag

Sy groot hart, sy sin vir humor en aansteeklike lag het hom geliefd gemaak by oud en jonk – ook in die gemeenskap van Parys waarvan hy vir soveel jare deel was.

Harry is in Parys gebore op 3 Oktober 1950. Hy het ook in Parys skoolgegaan.

Na skool het hy vir die Administrasie Raad gewerk vir etlike jare. Na die ontbinding van die Administrasie Raad het hy Parys Matte begin en daarna tuisgebak van die huis af begin doen.

Só het Harry’s Cheesecakes sy ontstaan gehad en is sy kaaskoeke aan vele restaurante van omliggende dorpe sowel as Johannesburg en Pretoria gelewer. Met sy aftrede het een van sy dogters die besigheid gekoop en voortgegaan met die bakkery.

Harry was ook baie lief vir die buitelewe, kamp en hengel wanneer hy nie in die kombuis of agter die skilderdoek besig was nie. Hy en Petro het die afgelope tien maande hulle weer in Parys gevestig nadat hulle 4 jaar by hul seun in Pringlebaai gebly het.

Harry word oorleef deur sy vrou, Petro met wie hy 46 jaar getroud was, sy drie kinders, Garland, Margory en Harriet, en vier kleinkinders. Sy plek is leeg, maar die herinneringe aan Harry Mommsen sal vir altyd voortleef in die harte van hulle wat hom liefgehad het.  

Harry Mommsen

Related Articles

Back to top button