NewsNews

Inenting: Neem ook ander se regte in ag, sê president

Inenting bly 'n persoonlike keuse

 

 

Die vraag oor hoe werknemers beskerm sal word sou werkgewers inenting teen Covid-19 vereis, is vanoggend deur president Cyril Ramaphosa in die parlement beantwoord. Tydens vanoggend se parlementsitting het die president weer, soos op 11 Februarie, gesê dat niemand gedwing sal word om inge-ent te word nie, en dat mense eerder op grond van wetenskaplike inligting aangemoedig word om hulself te laat ent, pleks van te forseer.

Hy het benadruk dat hoewel werkgewers hul werknemers moet beskerm, mense se keuses ook gerespekteer moet word. Daarom moet daar ‘n balans gehandhaaf word met wedersydse respek, menseregte en die regte van ‘n gemeenskap, ouderdom, onderliggende siektes en die tipe wat wat gedoen word, wat in ag geneem moet word sou daar  enige mandaat  wees oor inentings.

Hy het  bygevoeg dat hoewel mense regte het, dit ook opgeweeg moet wrod teen die reg van die gemeenskap. President Ramaphosa het gesê miljoene mense regoor die wêreld word ge-ent en dat mense ook as kinders ge-ent is.

Hy het  weer verwys na onsekerhede en vrese wat  deur fopnuus aangevuur word en mense se keuse oor inenting beinvloed. Die president het egter gesê dit bly ‘n persoonlike keuse om jouself, jou geliefdes en kollegas te beskerm, maar dat dit ook die regering se taak is om ‘n positiewe boodskap oor te dra oor inenting.

Daarom het hy weer ‘n beroep op mense gedoen om hulself te laat ent omdat daar wel wetenskaplike bewyse is dat inentings werk.

Hy het mense gevra om eerder te hou by feite en kennis en nie gerugte nie.  

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button