News

Twee kunstefeeste – gratis, aanlyn te sien

DIGITALE INVESTEC CAPE TOWN ART FAIR STEEK TWEE VASTELANDE OOR

    Die Investec Cape Town Art Fair, Afrika se vernaamste kunsfees, Fiera Milano, die Italiaanse eienaar en aanbieder van die fees, en die kunsbestuursplatform Artshell bied van 17-19 September in vennootskap met miart, Milaan se fees van moderne en kontemporêre kuns,  ʼn volledig digitale geleentheid tydens die Milaanse kunsweek aan. Die samewerking sal ’n unieke geleentheid wees waar BBP’s, galerye en besoekers toegang tot ’n baie groter gehoor oor twee kontinente – Afrika en Europa – en twee kunsfeeste sal hê. Plaaslike en internasionale galerye sal by die digitale Investec Cape Town Art Fair met die tema “Connect Through Art from Africa and the World” teenwoordig wees.

Artshell, die platform wat deur die web of ʼn toepassing bereik kan word en aangepas is vir Afrika se grootste kunsfees, gee outonome, onafhanklike galerye/uitstallers direkte en onmiddellike toegang tot die fees via hul Artshell-rekening. Toegang word met die Investec Cape Town Art Fair-kantoor gesinchroniseer. Regdeur die pandemie het kuns en tegnologie saam as kanale van kommunikasie gedien, en op groot skaal aanlyn geskuif met Zoom of Google Chat wat diskoers bevorder het. Met geleenthede in persoon wat wêreldwyd gekanselleer is, het die kunswêreld vinnig hul aanlyn platforms aan die gang gekry.

“Samewerkende verbruik” het die kunswêreld se nuwe orde geraak soos witkubus-galerye hul pad weg van vloerplanne na aanlyn uitstallings genavigeer het. Terwyl besigtigingskamers die nuwe kunsfeeste geword het, en geen geluide van geleenthede in persoon hoorbaar was nie, het die bedryf se vinnige beweging aanlyn wêreldwyd ʼn welkome verskuiwing in sigbaarheid beteken, en geleenthede geword vir galerye om hul eie narratief te beheer en toegang tot ʼn hele nuwe reeks versamelaars te kry. Investec is reeds sedert 2018 die titelborg van die Cape Town Art Fair. “Ons glo kuns kan skeidsmure afbreek en mense byeenbring.

Ons is dus verheug oor die bekendstelling van die eerste digitale Investec Cape Town Art Fair wat die wêreld van kuns na ’n potensieel groter, meer diverse gehoor kan bring. Dit is ook belangrik dat die baie talentvolle kunstenaars wat by die fees verteenwoordig word, steeds ondersteuning sal geniet en potensieel ’n inkomste verdien ten spyte daarvan dat die fees in persoon gekanselleer is,” sê Peta Dixon, Investec se hoof van borgskappe.  

Deepest Darkest Gallery_Kevin Mackintosh I Zebra Man I  Archival Print on Hahnemuhle 111.8 x 161cm

 

 

WORLDART_Buhle Nkalashe_Red_50x50cm_2021  

As die grootste jaarlikse kunsfees op die Afrika-vasteland bly die Investec Cape Town Art Fair daartoe verbind om die bedryf te ondersteun en om kontemporêre kuns van ʼn uiteenlopende reeks gevestigde en nuwe kunstenaars aan die wêreld te bied. Die fees is ʼn jaarlikse geleentheid en steun die siening dat kuns nie net kultuurgrense oorskry nie, maar is wat ons definieer en menslik maak.

Die direkteur van die Investec Cape Town Art Fair, Laura Vincenti, sê: ‘Daar is ʼn transformasie in die kunswêreld aan die gang. Die eerste digitale Investec Cape Town Art Fair gee ons ʼn geleentheid om Suid-Afrikaanse kunstenaars te ondersteun en hul werk ten toon te stel terwyl ons steeds met internasionale galerye, besighede, die media en kreatiewe groepe skakel. Terwyl ons steeds vas oortuig is dat ʼn digitale geleentheid nie die transformerende aard van ʼn persoonlike belewing van kuns kan vervang nie, het die digitale geleentheid ons verbintenis bespoedig om die beste diens aan ons galerye, kunstenaars, BBP’s en besoekers te bied.”

Die digitale Investec Cape Town Art Fair is gratis. Al wat nodig is om te registreer en dit by te woon, is om aanlyn aan te teken by Artshell via die web of hul toepassing. ʼn Hibriede fees, wat deels in persoon en deels digitaal sal wees, sal van 18-20 Februarie 2022 na die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum terugkeer. Dit sal dan die negende keer wees dat die fees aangebied word. Vir meer en bygewerkte inligting oor hoe om te registreer, volg Investec Cape Town Art Fair op Twitter @ictartfair, Instagram @investeccapetownartfair en Facebook @ICTArtFair. Gebruik die hutsmerk #ICTAFDigitalEvent.  

 

         

Related Articles

Back to top button