News

Só kan jy die bloeddiens help

Afname in skenkersgetalle bekommer bloeddiens

     

 

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) ervaar tans ‘n drastiese afname in skenkersgetalle in Parys. Dit ten spyte daarvan dat daar maandeliks twee geleenthede in Parys is om te kan bloed skenk. Jy kan egter help om ‘n bloedtekort te voorkom deur bloedskenking te ondersteun. Die volgende bloedskenk kliniek in die kerksaal van die Hervormde Kerk, h/v Loop- en Paulsentraat, is op 14 September van 12:00 tot 18:00. Die Bloeddiens probeer om 150 eenhede bloed maandeliks in Parys in te samel, maar hierdie doelwit word tans nie bereik nie.

Die behoefte aan bloed neem ongelukkig nie af nie, en pasiënte benodig steeds ongeveer 3 500 eenhede bloed per dag. Vir elke dag wat hierdie doelwit nie bereik word nie, word die beskikbare voorraad uitgeput. Daarom word ‘n beroep op nuwe skenkers in Parys gedoen om deel te wees van die #donor100 veldtog. Die doel is om 100 nuwe skenkers teen die einde van 2021 te kry.

Alle gereelde en potensiële skenkers, veral die jeug, word uitgenooi om bloed te skenk. As jy die maandelikse bloedskenk kliniek sou mis, is daar ook ‘n mobiele skenkerskliniek wat Saterdag, 25 September by Checkers in Parys sal wees.

Om ‘n skenker te wees moet jy:

• Tussen die ouderdom van 16-75

• Meer as 50kg weeg

• Iets voor jou skenking eet

• ‘n Veilige seksuele leefstyl lei

• Gesond wees op die dag van skenking.

Alle bloedgroepe is baie belangrik, maar spesifiek Groep O is nodig omdat hierdie bloedgroep verenigbaar is met al die ander bloedgroepe.

 

     

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button