News

Vyf van Parys verteenwoordig Fezile Dabi by VS Wiskunde-kompetisie

Vyf van Parys verteenwoordig Fezile Dabi by VS Wiskunde-kompetisie

 

Twee van Hoërskool Parys se leerders het Vrydag geskitter met eerste plekke in rondte 3 van vanjaar se Vrystaat Wiskunde-kompetisie, aangebied deur die departement van onderwys en geborg deur Eskom.

 

 

Brigitte van der Hoven (graad 11) en haar broer, Reinhard (graad 8) wat dié spog prestasie behaal het, is saam met nog drie van die skool se leerders aangewys om die Fezile Dabi-streek in Bloemfontein te gaan verteenwoordig in die volgende rondte van die kompetisie. Die ander drie leerders wat deurgedring het, is Hilke Scheepers en Suré de Swardt (graad 9) asoook Chantell te Lange (graad 11).  

 

 

Vanjaar kon Hoërskool Parys met twintig leerders spog by Vrydag se streekuitdunne.  

 

   

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button