NewsNews

Bloeddiens bekommerd oor afname in skenkertalle vir Parys

Bloeddiens bekommerd oor afname in skenkertalle vir Parys

 

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) ervaar tans ‘n drastiese afname in skenkertalle in Parys. Dit ten spyte daarvan dat daar maandeliks twee geleenthede in Parys is om te kan bloed skenk. Jy kan egter help om ’n bloedtekort te voorkom deur bloedskenking te onderteun.

Daar is Donderdag 26 Augustus, geleentheid om bloed te skenk by die Hervormde Kerksaal in Parys, h/v Loop- en Paulsenstraat, vanaf 12:00 – 18:00.

Die Bloeddiens probeer om 150 eenhede bloed maandeliks in Parys in te samel, maar hierdie doelwit word tans nie bereik nie. Die behoefte aan bloed neem ongelukkig nie af nie, en pasiënte benodig steeds ongeveer 3 500 eenhede bloed per dag. Vir elke dag wat hierdie doelwit nie bereik word nie, word die beskikbare voorraad uitgeput.

Daarom word ‘n beroep op nuwe skenkers in Parys gedoen om deel te wees van die #donor100 veldtog. Die doel is om 100 nuwe skenkers te kry teen die einde van 2021. Alle gereelde en potensiële skenkers, veral die jeug word uitgenooi om bloed te skenk.

Om ʼn skenker te wees moet jy: • Tussen die ouderdom van 16-75 wees • Meer as 50kg weeg • Iets voor jou skenking eet • ʼn Veilige seksuele leefstyl lei • Gesond wees op die dag van skunking Alle bloedgroepe is baie belangrik maar spesifiek Groep O is nodig omdat hierdie bloedgroep verenigbaar is met al die ander bloedgroepe.  

 

Related Articles

Back to top button