News

Kabeldiefstal rede vir kragloosheid

        Oorhoofste kabeldiefstal in die middedorp van Parys is vanoggend die rede waarom dele van die sakekern en onmiddellike omgewing van waar die kabel gesteel is, sonder krag is. Herstelwerk word reeds gedoen en die kragtoevoer sal vanoggend nog herstel word. Die munisipaliteit het die afgelope paar weke erg deurgeloop onder oorhoofse …

   

 

 

Oorhoofste kabeldiefstal in die middedorp van Parys is vanoggend die rede waarom dele van die sakekern en onmiddellike omgewing van waar die kabel gesteel is, sonder krag is.

Herstelwerk word reeds gedoen en die kragtoevoer sal vanoggend nog herstel word.

Die munisipaliteit het die afgelope paar weke erg deurgeloop onder oorhoofse kabeldiefstal en die vandalisme van mini-substasies in die dorp en nywerheidsgebied. Skade wat derduisende beloop.

Twee mini-substasies is verlede week in die nywerheidsgebied van Parys gesaboteer. Dit volg nadat ‘n mini-substasie in Vierdelaan, en ook in Oudewerfpark vroeër vandeesweek en einde Julie onder vandale deurgeloop het.

Die sabotasie van die mini-substasies kos die Ngwathe munisipaliteit derduisende, en is daar naas die voorvalle ook gereelde diefstal van oorhoofse elektriese kabels. Verlede week is oorhoofse elektriese kabel in Lodie Spieslaan gesteel.  

Danksy flinke optrede is twee persone vanoggend in hegtenis geneem vir kabeldiefstal. 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button